Amandaskrywer nuusbrief uitgawe 12 van 2021
Amanda verwelkom jou
Welkom by Amandaskrywer nuusbrief uitgawe 12 van 2021. Hoop julle het ‘n lekker naweek gehad en dat die komende week goeie dinge sal inhou. Geniet die nuwe nuusbrief.
Nuutste inskrywing
Was jy al alleen met vakansie? Nie? Dis dalk iets wat jy moet oorweeg. So ‘n alleen vakansie kan jou help om weer by jouself uit te kom en jouself te waardeer. Hierdie week se inskrywing handel juis oor hierdie onderwerp.
Webblad
- Die kommentaar opsie is nou oop vir almal wat registreer op die webblad.
- Statistieke wys dat die lees getalle op die webblad styg.
- Ek is tans besig om te kyk na veilige maniere om die kommentaar opsie oop te maak sodat julle op die webblad kan gesels.
Die Naguil roep
Die naguil mini koerant verskyn elke Woensdag met Bertie aan die stuur van sake. Die Naguil mini koerant bevat talle skakels na artikels/video’s en musiek wat julle die lesers se aandag sal prikkel. Bertie werk hard om vir sy lesers stories te bring wat in ‘n wye smaak val. Hierdie week gesels Bertie oor Michellin sterre en die kokke aan die stuur van sake.
Engelse Webblad
Let’s make tea is my ander webblad in Engels. Besoek dit gerus vir die nuutste artikels. Let’s make tea is ‘n webblad waar oor alledaagse dinge gesels word asook dinge van Internasionale belang. In teenstelling daarmee is Amandaskrywer gemik op Afrikaans sprekendes en Suid Afrikaanse belange. Oh my everything is so French is die onderwerp vir hierdie week se plasing. Moet dit nie misloop nie.
Groete uit die Tuinroete.
Mooi loop tot volgende week.
Amanda
Iets ekstra
Nando’s weet net hoe om die lag spiere te prikkel. Hulle nuwe advertensie stel nie teleur nie. Dink die Tembisa 10 en die nuutste Ekurhuleni 11. Suid Afrika weet hoe om die spot te dryf. Tyd vir lekker lag.