Naguil koerant uitgawe 13 van 2021
Welkom by Die naguil koerant uitgawe 13 van 2021. Aangebied deur almal se gunsteling naguil Bertie vanuit die woud. Dis so lekker om saam met julle te kuier.
Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaalmuur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Die hele idee van die Naguil is dat ons dinge deel wat mens nie sommer alledaags op ‘n webblad vind nie.
Skrywer sêgoed
- Die skrywer Paula is ‘n ou gunsteling met haar pragtige liefdes verhale. Sy is in 1996 oorlede. Hier is ‘n paar van haar gewilde sê dinge. Dankie Paula vir jare se lees genot.
- “Ek is nie verbaas oor die volgehoue belangstelling in my liefdesverhale nie. ’n Mooi liefdesverhaal verouder nie.” (Rapport, 23 November 1980
- Die skryf van )Engelse verhale. Hieroor vertel sy: “Ek het Engels as skryftaal laat vaar, omdat my styl daardeur afgestomp is. Om in Afrikaans te dink en jou gedagtes dan in Engels te formuleer, doen geeneen se styl goed nie. Wanneer ek in Afrikaans skrywe, vloei my gedagtes makliker.” (Bron onbekend, 1954)“My karakters kom uit die werklike lewe en baie van hulle het al hulself in my boeke herken. Ek borduur darem altyd so bietjie by.” (Beeld, 17 November 1982)
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
Hier in die woud bly almal in ‘n boomhuis. Dis tog te lekker snoesig en terwyl jy in jou mens huis of boomhuis sit, trek gerus die boek My boomhuis het 65 vloere nader. Leef jouself en jou kinders in die lewe in ‘n boomhuis. Lekker lees.
Stories oor plekke en sy mense
- 99 jaar oud en sy oorleef COVID, nie een keer nie maar twee keer. Dit is Marie Roberts. Musiek was volgens haar die ding wat haar deur COVID en isolasie gekry het. Dis nou vir jou ‘n yster Tannie.
- Spider man kan nes Bertie berge uitklim. Hierdie keer het Spider man egter ‘n kind se verjaarsdag koek gered of is dit te dik vir ‘n daalder?
- Ontmoet Heinrich Gabler, ‘n weeskind wat bo sy omstandighede uitgestyg het.
Roep,roep my storie is uit
Ek hoop julle het hierdie week se bydrae geniet. Mooi loop mens maats en moenie die nuusbrief misloop nie.
Groetnis uit die woud
Bertie
P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.