Amandaskrywer nuusbrief uitgawe 10 van 2021
Amanda verwelkom jou
Welkom aan elkeen van julle. Amandaskrywer nuusbrief uitgawe 10 van 2021 is nou beskikbaar op die webblad vir al die lesers. Geniet dit!
Nuutste inskrywing
Die nuutste inskrywing handel oor ‘n dag in my lewe – dis hoe dit is.
Webblad
- Ek is besig om tags by elke plasing aan te bring
- Alle inskrywings is op datum gebring
- Nuwe foto’s is bygevoeg
Die Naguil roep
Die naguil mini koerant verskyn elke Woensdag met Bertie aan die stuur van sake. Die Naguil mini koerant bevat talle skakels na artikels/video’s en musiek wat julle die lesers se aandag sal prikkel. Bertie werk hard om vir sy lesers stories te bring wat in ‘n wye smaak val. En hierdie week kuier ons by die uile se eie koninklike familie. Moet dit nie misloop nie.
Onthou
Kyk mooi na jouself. Wees jou eie beste vriend of vriendin. Jy is genoeg.
Engelse Webblad
Let’s make tea is my ander webblad in Engels. Besoek dit gerus vir die nuutste artikels. Let’s make tea is ‘n webblad waar oor alledaagse dinge gesels word asook dinge van Internasionale belang. In teenstelling daarmee is Amandaskrywer gemik op Afrikaans sprekendes en Suid Afrikaanse belange. Hierdie week se plasing Finding comfort during COVID neem ons deur die onsekerheid van die COVID tydperk en ek deel met julle hoe ek dinge en emosies in hierdie tyd hanteer.
Groete uit die Tuinroete.
Mag al jou drome waar word en jou drake verslaan word. Tot volgende keer.
Amanda
Iets ekstra
Vir die fynproewers onder ons is daar nou goeie nuus. Suid Afrika verbou nou sy eie truffels. Ja dis reg, daardie goed wat vir ander soos bollie lyk. Ek myself het nog nooit truffels geëet nie dus kan ek nie së hoe dit proe nie. Laat weet as jy al van hierdie gesogte lekkernye verorber het.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you