Naguil koerant uitgawe 11 van 2021
Welkom by Die naguil koerant uitgawe 11 van 2021. Aangebied deur ons gunsteling naguil Bertie op die tak op die boom vanuit die woud.
Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaalmuur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Die hele idee van die Naguil is dat ons dinge deel wat mens nie sommer alledaags op ‘n webblad vind nie. Welkom by ons 11de Naguil koerant van die jaar.
Skrywer sêgoed
Oor die feit dat sy nêrens ingeskakel het by enige letterkundige generasie of beweging nie: “Is dit ’n sonde? Ek gaan my eie gang. Dis die soort lewe wat ek lei, dis my besondere temperament. Ek is van nature ’n eenloper. Ek is agterdogtig teen in die bondel doen. Ek is geen meeloper nie. Wat sal die ander skrywers van my dink as ek my laat voorsê?” Anna M Louw
“’n Boek rus op jou. Jy wil dit van jou gewete afkry. Alleen kan jy dikwels nie. En as dit afgehandel is, is daar wonderlike verligting. Jou las word ook ou vreugde. Maar dan is die ander boek reeds in jou kop. Terwyl jy aan die vorige een gewerk het, het die tema boontoe gekom. Dan maal dit by jou en jy weet net jy het nog nie klaar geskryf nie.” Anna M Louw
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
Kuifie is terug en hy praat weer Afrikaans. Een van my gunsteling mense. Sy stories en avonture is iets waarby Bertie groot aanklank vind. Bravo Kuifie
Stories oor plekke en sy mense
Ai mens kinders kan julle glo. Hier in Suid Afrika het my eie uil nasie ook ‘n koninklike familie by name Prins Harry en Megan en hulle 3 kinders waarvan ene heel toepaslik heet Archie. Hulle woon agter in die erf van Maggie Lindsay in Gauteng, Ongelukkig het ‘n tragedie die gesin getref met Megan wat vermis word van die uil paleis. Ons hou duim vas dat sy veilig sal terug keer na die uil paleis en dat sy hopenlik nie vergiftigde rotte of muise geëet het nie. Jammer mense kinders maar hierdie artikel is te lees op Netwerk 24 agter n betaal muur en sommige van julle gaan dit dalk nie kan lees nie. Hierdie uil gaan nie in die tronk sit vir plagiaat en dinge nie.
Het jy geweet
Uile is versot op muise en rotte. Wanneer mense dus gif uitsit vir hierdie ongewenste knaagdiere is dit dikwels die uil familie wat sterf omdat hulle die vergiftigde diere geëet het. Mens Kinders vang asb. liewer die ongediertes in hokke en neem hulle lewendig na die naaste roofdier sentrum waar hulle dan vir die uile en ander roofdiere gevoer sal word.
Roep,roep my storie is uit
Dankie vir die saam kuier mense maats. Hou die blink kant bo en kyk uit vir my in die nag. Tot volgende keer vriende.
Groetnis uit die woud
Bertie
P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you