Welkom webblad Amanda

welkom amanda

‘n Nuwe huis

Die dag het gouer aangebreek as wat ek oorspronklik gedink het. My nuwe webblad Amanda het op Sondag 22 September 2019 in haar eie huis ingetrek. Sy het voorheen saam met Let’s make tea gebly maar Amanda is ‘n sterk onafhanklike vrou en het besluit om haar eie blyplek te kry.

Aanvanklik het ek gedink dat ek ‘n Engelse webblad kan hê met ‘n Afrikaanse afdeling, maar na so twee weke het ek besluit genoeg is genoeg. Dit het net nie reg gevoel nie. Afrikaans is my harts taal en daarom moet my Afrikaanse skryfwerk ‘n losstaande huisie op die Internet hê.

Webblad Amanda

Ja ek het besluit om my webblad na myself te vernoem want dis ek wat al die skryfwerk doen en ek is gemaklik met myself Amanda. Ek skryf nie net alles self nie, maar ek doen ook die webwerf myself met als wat daarmee gepaard gaan.

Let’s make tea

My Engelse webblad Let’s make tea se inhoud is meestal verskillend van my Afrikaanse webblad. Die engelse blad is so genoem omdat ‘n mens so lekker kuier en gesels met ‘n koppie tee in die hand. Met my Engelse blad kan ek meer mense bereik en ‘n lansie breek vir my land en my pragtige taal Afrikaans.

Tee is op die spyskaart

welkom amanda

Alhoewel die Engelse en Afrikaanse webblaaie nou van mekaar losgemaak is, is hulle steeds beste maatjies en kuier ons lekker saam om ‘n koppie tee. Jy kan heerlik met albei kuier. Enigeen vir ‘n koppie tee? Rooibos, Engelse tee of Lavender?

Afrikaans jou lekker ding

Daar is dinge wat net beter sê en klink in Afrikaans, soos die woord lekker. Geen woord in Engels kom naby dit nie. Soos die Engelse sê: It has a certain ring to it.

Jy kan meer lees oor hierdie webblad op hierdie bladsy en kyk sommer wat lees ek tans.
My Engelse webblad nl. Let’s make tea bied die leser nog leesstof.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.