Webblad padkaart

webblad padkaart

‘n Padkaart wys jou hoe om by jou bestemming uit te kom en hierdie webblad padkaart sal jou help om nie te verdwaal op die webblad nie. Julle sal oplet dat my webblad anders funksioneer as meeste moderne webblaaie. Ek hou van eenvoud en prakties.

Boonste kieslys:

Die boonste kieslys bevat die

  • Tuis bladsy – neem jou elke keer weer terug na die voorkant
  • Amanda, – ‘n omtrent bladsy oor die skrywer
  • Nuusbrief bladsy waarop al die nuusbriewe gelys word met ‘n opsie om in te teken op my nuusbrief.
  • Artikels – Hier skryf ek oor enigiets en meestal met feite en verwysings
  • Opinie-Op hierdie bladsy word al die artikels gelys waar ek my opinie lug oor als en nog wat
  • Selfhelp– ‘n Bladsy waar ek die leser meedeel oor dinge waarmee ek gesukkel het en hoe ek dit oorkom het.
  • Leefstyl – Enige iets van huis en tuin tot kos
  • Onderhoude – Hier verskyn onderhoude wat ek met ander mense gevoer het.
  • Dagboeke – In plaas van ‘n blog bladsy het ek verskillende dagboeke vir verskillende onderwerpe soos byvoorbeeld my Coronavirus dagboek, Amanda se dagboek en ‘n Webblad dagboek
  • Skakels – Handige en belangrike skakels na ander webblaaie wat die leser kan help
  • Posbus – Dis my kontak bladsy

Onderste kieslys:

Die onderste kieslys gaan oor my lees en skryfwerk.

  • Fantasie – Onderwerpe en artikels oor die fantasie wêreld word hier gelys.
  • Skryf – Artikels deur Amanda oor die skryfkuns sal jy hier vind.
  • Kortverhale– deur Amanda word hier gelys.
  • Stripverhale– beter bekend as strokiesverhale
  • Lees – artikels oor enige iets wat handel oor lees word hier gelys
  • Boekewoud – my biblioteek van boeke gelees in die vorm van boek verslae
  • Afrikaans – artikels oor Afrikaans met betrekking tot lees en skryf

Widgets:

Ek hou van ‘n skoon, oop en eenvoudige webblad en het derhalwe sekere widgets afgehaal. Die kalender widget is baie handig deurdat dit ‘n dubbele doel dien. Eerstens is dit ‘n handige maandelikse kalender en tweedens dui dit aan waneer ‘n nuwe artikel opgelaai is deurdat die betrokke dag in ‘n ander kleur aangedui word.

Sosiale media:

Ek het geen sosiale media wat geskakel is aan hierdie webblad nie. Ek het ‘n ruk gelede my sosiale media rekeninge gesluit en het slegs ‘n persoonlike Facebook rekening wat ek gebruik om kontak met vriende en familie te behou. Sosiale media en ek is nie juis groot maats nie.

Blog:

Jy kyk nie verkeerd nie. Ek het nie ‘n Blog bladsy op my webblad nie. My webblad is staties waar al my geskrifte op verskillende bladsye gelys word waar dit maklik gevind kan word en nie verdwyn in die argief nie. Derhalwe is daar ook nie ‘n argief of ‘n lys met kategorieë op my webblad beskikbaar nie. Elke berig, artikel is gelys op die bladsy wat daarby pas.

Kommentaar:

Elk het die kommentaar funksie afgehaal sodat my webblad nie te beknop raak nie en ook sodat ek nie onnodige tyd verspeel met ongewenste kommentaar nie. Dit neem tyd om elke kommentaar na te gaan.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.