Vrouens is hulle eie grootste vyand

Vrouens is hulle eie grootste vyand

Vrouens is hulle eie grootste vyand en totdat ons nie onsself respekteer en ‘n standpunt inneem nie gaan geslags gebasseerde geweld oorheers.

Dit begin en eindig by vrouens

Van die oomblik wat ons gebore word neem ons waar hoe ander vrouens mishandeling in hulle lewens hanteer. Daar is verskillende maniere van mishandeling. Dit is nie altyd fisies nie. Finansiële mishandeling, Verbale mishandeling, Seksuele mishandeling, Emosionele mishandeling, Geestelike mishandeling. Kinders neem fyn waar wat in ons huise aangaan. Hulle sien hoe Pa en Ma baklei en hoe beide ouers se reaksie en teen reaksie is. Meisiekinders sien hoe vrouens in hulle direkte omgewing behandel word en wat die vrouens se reaksie hierop is. Dit vorm dan hulle denkwyse oor hoe ‘n vrou behoort op te tree selfs al is dit verwronge. En so gaan die mishandeling voort.

Geestelike mishandeling

Dit is wanneer vrouens deur Godsdiens oortuig word dat hulle ondergeskik is aan mans, dat mans se woord wet is en dat vrouens derhalwe 2de klas is. Die Bybel word dan voorgehou as die mishandelaar terwyl die Bybel inderwaarheid verdraai word om agendas te pas. Die God wat ek dien is ‘n God van liefde, nie ‘n God van verdrukking nie.

Finansieële mishandeling

Dit is dalk een van die mindere bekende mishandelings. Dit maak dit egter nie minder sleg nie. Daar is vrouens wat moet smeek vir shampoo en room en wanneer hulle nie soet genoeg is nie, word hierdie basiese dinge van hulle weerhou. Dit is nie net werklose vroue wat afhanklik is van mans vir geld wat hieronder lei nie. Dikwels is dit geleerde vrouens met goeie inkomstes wat toelaat dat die man al die geld beheer en dan hulleself in hierdie posisie plaas waar hulle mishandel kan word.

Verbale, seksuele, emosionele en Fisiese mishandeling

Ek gooi hierdie 4 in een sakkie aangesien almal min of meer gepaard gaan met een of meer van die ander. Ek het as Polisievrou daagliks hiermee te make gehad. Die aanklagte kantoor was waarheen vrouens gegaan het om hulle mans en kêrels van mishandeling aan te kla en ek was dikwels die Sersant wat hierdie verklarings moes afneem en die vrouens na die distriks geneesheer moes neem vir ondersoeke.

Wette

Tydens die apartheid jare was daar geen wette wat mans kon aankla van verkragting op hulle vrouens nie. Vrouens was gesien as die man se besitting. Daardie wet is eers tydens die nuwe bedeling verander. Selfs aanranding deur ‘n man op sy wettige vrou het gesukkel om in die hof staande te bly (1) weens die veronderstelling dat mans geregtig is om sy vrou te tugtig en (2) die vrouens het telkemale die sake teruggetrek nadat die man ekskuus gesê het en haar met blomme en sjokolade oortuig het dat dit nie weer sou gebeur nie. Deesdae is daar wel ‘n wet wat vrouens verhoed om so ‘n saak terug te trek. ‘n Stap in die regte rigting. Nou moet vrouens net hulleself na waarde skat.

Vrouens is hulle eie grootste vyand

Na al die mishandeling wat ek waargeneem het tydens my Polisie loopbaan, besluit ek toe om by ‘n plaaslike organisasie vir mishandelde vrouens te gaan uithelp siende my ondervinding en meelewing vir mishandelde vrouens. Ek het ‘n pad gestap met een spesifieke vrou. ‘n Geleerde Ma van 4 kinders. Haar man ‘n sakeman. Hy het haar verskeie kere mishandel en sy het hom elke keer vergewe tot die een dag wat hy haar byna doodgeslaan het voor haar kinders. Sy het by die organisasie beland en oor ‘n tydperk haar selfrespek en vertroue in haarself teruggekry met die hulp van opgeleide personeel. Ek het die rol van ‘n ondersteuner vertolk. Sy het hard daaraan gewerk om sterk genoeg te wees om haar saak in die hof te stel. Ek was so trots op haar.

Die ontnugtering

Die dag van die hofsaak het aangebreek. By die hof het sy hom vir die eerste keer weer in lewende lywe gesien. In die hofsaal het sy sterk en in beheer voorgekom en toe is daar ‘n pouse. Na die onderbreking het ons weer die hofsaal betree. Ek kon my ore en oë nie glo toe sy daar en dan die saak terug trek en hand aan hand met haar mishandelaar by die hof uitstap nie. Vir die wereld daarbyte was hulle net nog ‘n verliefde paartjie, vir ons wat die pad saam met haar gestap het was dit ‘n ontnugtering en nog ‘n mislukte poging om ‘n vernielde vrou te help. Die sukses verhale is min. Ek is nooit weer terug na die organisasie toe nie. Die vrou spook steeds by my.

Dis moeilik om te verstaan

Ek kom uit drie geslagte van enkelouers uit waar vrouens sterk en in beheer is. Dit is vir my moeilik om te aanvaar dat vrouens kan dink dit is reg om so behandel te word. Alhoewel dit nie altyd positief was om in ‘n enkelouer huis groot te word nie, is ek wel dankbaar vir die sterk vrouens in my lewe wat my nooit laat twyfel het in die waarde van vrouens nie. Ek, My Ma en ook my Ouma het vroeg in ons lewens weduwees geword. Almal van ons koester die nagedagtenis van ons onderskeie mans. Mans wat ons gerespekteer en gekoester het.

Stof ter nadenke

Ek los julle met die lirieke van hierdie lied deur Shania Twain. Mag ons as vrouens onsself na waarde skat en hoër standaarde aan onsself stel sodat elke nuwe baba dogtertjie, kleuter, tiener kan sien, ervaar en leer dat vrouens respek afdwing met hoe ons optree. Ons is sterker as wat ons dink.

Black eyes, I don’t need ’em
Blue tears, give me freedom
Oh, yeah Oh
Positively never goin’ back
I won’t live where things are so out of whack
No more rollin’ with the punches
No more usin’ or abusin’
I’d rather die standin’
Than live on my knees
Begging please, no more

Chorus

Black eyes, I don’t need ’em
Blue tears, give me freedom
Black eyes, all behind me
Blue tears will never find me now

Definitely found my self esteem
Finally I’m forever free to dream
No more crying in the corner
No excuses, no more bruises
I’d rather die standin’
Than live on my knees
Begging please, no more

Chorus

Black eyes, I don’t need ’em
Blue tears, give me freedom
Black eyes, all behind me
Blue tears will never find me now

I’d rather die standin’
Than live on my knees
Begging please, no more
Black eyes, I don’t need ’em
Blue tears, give me freedom
Black eyes, all behind me

Blue tears will never find me now
Oh, never find me now
It’s all behind me, they’ll never find me now
Find your self-esteem and be forever free to dream

Vrouens is hulle eie grootste vyand

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    4 February 2022 at 10:57 pm

    Hierdie skryfsel vertel amper my storie ook. Dis baie moeilik vir ‘n vrou wat gedienstig, vredeliewend en hulpvaardig groot geword het om weg te breek van mishandeling. Tog met die regte hulp en ondersteuning kan sy opstaan uit die ellende en sterk staan. Ek was dertien jaar in omstandifhede wat ek nie besef het hoe ek geestelik en liggaamlik mishandel is nie. Selfs egskeiding het nie regtig gehelp nie. Na man se selfmoord kon ek werklik weer vrou wees sonder daardie gedurige oor my skouer kyk. Enkel ma geword to my kind 12 was. Hy het die pragtigste kind uitgedraai en my die geleentheid gebied om weer, nie net mens te wees maar ook vrou en moeder.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      7 February 2022 at 6:47 pm

      So jammer om te hoor dat jy ook deur so iets moes gaan. Dit is egter ongelukkig so dat meeste vrouens een of ander tyd met gesins geweld gekonfronteer word. So bly dat jy een van min sukses verhale is. Dit gee hoop. Dankie dat jy jou storie met ons gedeel het.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.