4 Goed wat hulle terugkeer maak

4 Goed wat hulle terugkeer maak en dit het alles te doen met ons huise. Ek het twee van die vier. Wat van jou? Eintlik is dit meer kamers of vertrekke. Besluit maar self.

1. Buite toilets

4 Goed wat hulle terugkeer maak

Buite toilets was altyd daar. Soms teenaan die huis of agter in die erf. My Ouma het ‘n longdrop buitekant gehad wat sy ‘n kleinhuisie genoem het. Binne die huis het sy ‘n gewone spoeltoilet gehad. Buite toilets was meestal daar vir die huiswerkers se gebruik. Later van jare is huise sonder buite toilets gebou. Ek het steeds ‘n buite toilet wat eens op ‘n tyd gebruik is deur my tiener kinders toe hulle buite gekamp het. Tans is dit ‘n stoorkamer. Ek let op hoeveel mense deesdae opslaan toilets in hulle erwe het veral wanneer daar vir lang tye werkers by hulle huise of tuine werk.

2. Studeur kamers

Vier goed wat 'n terugkeer maak

Ek onthou nog die ou huise se studeur kamers. Nie dat ek eintlik weet of enige iemand daar studeur het nie. Dit was gemeubileerd met swaar donker hout meubels,boekrakke en ‘n swaar leer stoel. Pa se studeur kamer. Met die jare het dit uitgesterf. Meeste huise het nie meer ‘n spesifieke studeur kamer nie. Die pandemie het egter dinge verander met al hoe meer mense wat van die huis af werk. Dus is tuis kantore die nuwe studeur kamers. Dit lyk wel nou anders. Minimalisme is nou baie gewild. Net ‘n lessenaar,stoel en lamp in die hoek van die slaapkamer of in die een hoek van die sitkamer. Nadat my kinders die nes verlaat het, het ek die kleinste van die drie slaapkamers in ‘n tuis kantoor vir my ingerig.

3. Stoepe

Vier goed wat 'n terugkeer maak

Dit is nou een ding wat ek regtig baie mis. My Oupa het ‘n stoep reg rondom sy huis gehad en my Ouma van my Ma se kant het ‘n groot stoep aan die voorkant van haar huis gehad. Op hierdie stoepe is gekuier van soggens vroeg tot saans laat en selfs geslaap. Later van jare het huise modern geword en mense het minder op stoepe gesit en kuier. Deesdae laat al hoe meer mense vir hulle hout dekke bou waarop daar gekuier word. Ek het steeds nie ‘n stoep of ‘n dek nie. Finansies laat dit nie toe nie.

4. Buite kamers

Vier goed wat 'n terugkeer maak

Ek onthou in my kinderjare en ook as jong getroude het meeste huise ‘n buite kamer en buite toilet gehad. Alhoewel dit meestal gebruik is vir inslaap huiswerkers, het dit ook handig te pas gekom wanneer ouers hulle weerbarstige tiener uit die huis maar steeds onder hulle beskerming wou hê. Dit is ook uit verhuur vir ‘n ekstra inkomste. Nodeloos om te sê het ook buitekamers verdwyn en later weer ‘n verskyning gemaak in die gedaante van hout huisies agter in mense se erf. Ek het nie ‘n buitekamer nie, wel ‘n hout huisie wat ek op ‘n tyd gebruik het vir my werkende dogter wat onafhanklik wou funksioneer. Dit is nou my tuin huisie.

Dinge verouder, verdwyn en keer dan terug in ‘n nuwe jas.

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: