Gedigte oor verlies

gedigte oor verlies

Gedigte oor verlies uit die pen van Amanda. Sommer net ‘n paar woorde uit my hart wat ek met julle wil deel.

Die wensput

‘n Gedig opgedra aan my man wat op die ouderdom van 30 jaar in ‘n motorongeluk gesterf het. Hy was ‘n Polisieman en aan diens ten tyde van die ongeluk. Ons dogters was net 5 en 3 jaar oud.

Ek wens jy was hier
dis aleen sonder jou
Ek wens jy was hier
om ons kinders te sien
Ek wens jy was hier
om my nog vas te hou
Ek wens jy was hier
Ek lief jou
Ek wens jy was hier

Een te veel

Opgedra aan my Pa wat gesterf het nadat ‘n dronk bestuurder reg van voor met my Pa gebots het. Saam met my Pa was ‘n 19 jarige leerling stoker. Hy was na die ongeluk vir 19 jaar in ‘n koma voordat hy gesterf het. Ek was 5 jr, my suster 8 en My Ma was swanger met my jongste suster. Die dronk bestuurder het niks oorgekom nie en slegs 6 maande tronkstraf gekry.

Te veel drank
Te min verstand
Te veel spoed
Te jonk vir die pad
My Pa is dood
Sy motor vervrommel
Hy is onskuldig
Sy lewe verby
Jy lewe nog
Jou tweede kans
Jy kan weer probeer
Jou lewe reg maak

Lewendig dood

Vervreemding van ‘n familie lid is iets wat ek nie my grootste vyand toewens nie. Ek was totaal onvoorbereid toe dit my gebeur het.

Dis die seerste seer
Jy lewe en tog is jy dood.
Verwerp en weggegooi
Hoe kan ek dit ooit verdien?
Daar is geen woede nie.
Net trane en vervreemding
Ek vergewe jou
Ek mis jou

Nie my Pappa nie

Opgedra aan my oudtste dogter en al die vrae oor haar Pa.

Nee, nie my Pappa nie
Ek is net 5 jaar oud
Wat is dood, Mamma?
Dit reën, Pappa gaan koud kry.
Ek het Pappa nodig, nie die hemel nie
Ek sal soet wees, nie baklei nie
My hart pyn baie einas
Ek soek my Pappa
Pappa, ek sien jou, ek ruik jou
Jy is orals rondom my
Ek het jou trui aan
Jy is by my, my Pappa

n Dooie vriendskap

n Twintig jaar oue vriendskap in ‘n oogwink vernietig deur Hoogverraad.

Jy het my verraai
‘n Vriendin genoem
Jy is dood vir my
Ek het jou begrawe
Daar is geen opstanding nie
Ek het jou vergewe
Ek kan nie vergeet nie
‘n Vriendskap begrawe
Ek het jou oorleef
opgestaan uit die moeras
Ek sprankel weer
die lewe is mooi sonder jou

2 Comments

  1. Amandaskrywer(Aduppie)

    7 February 2022 at 1:03 pm

    Dankie vir jou mooi woorde

  2. scrapydo2.wordpress.com

    6 February 2022 at 1:21 am

    Dankie vir die deel vir die pragtige gidigte diep uit die hart.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.