Verryk jou lewe met blydskap

Rubriek

deur Amanda Spies du Plessis

Omtrent Rubrieke

Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.

Tipes Rubrieke

Johannes de Villiers is op RSG bekend as Die Blydskap navorser. Tydens die program deel hy sy wenke om ’n beter lewe te lei met minder stres en meer vreugde. Die program het ’n positiewe inslag met humor, staaltjies, idees en praktiese wenke.

“Dit help nie jy wag totdat jou lewe perfek is voordat jy jouself blydskap gun nie. Maak nóú ruimte vir blydskap, kom tuis in jou vel ongeag waar jy in jou lewe is. En kyk hoe dinge in plek begin val.”

Johannes het eers as joernalis gewerk vir verskeie Suid-Afrikaanse publikasies voordat sy pad met meditasie en bewustelikheid (mindfulness) gekruis het. Hy het selfs tyd in ’n klooster deurgebring en homself bekwaam as meditasie instrukteur. Sy passie is om mense te leer hoe om blydskap in hulle lewens in te bring selfs as gaan dinge sleg in die land en op persoonlike vlak.

Blydskap is ‘n gevoel van gelukkig en bly wees

Vir die kritiese mens mag Johannes se Blydskap boodskap na ligsinnige twak lyk en klink. Daar is egter verskeie navorsings gedoen oor die effek van meditasie op die menslike liggaam. Die navorsings het bevestig dat meditasie en die gepaardgaande bewustelikheid of mindfulness ’n positiewe uitwerking op die mens se gemoed as geheel het. Daar is egter steeds mense wat voel dat hierdie praktyke hulle Christelike waardes bedreig.

Verryk jou lewe met blydskap

Elke mens het sy of haar eie maniere om deur trauma te werk. Persoonlik het ek sowat 5 jaar gelede begin met basiese meditasie (stil wees en asemhaling) asook Taichi. Meditasie help my om my gedagtes te orden en rustig te word. Veral die asemhalings praktyke het my gehelp om deur angs kop te hou. Die kombinasie van meditasie, Taichi, positiewe denke en ’n Christelike leefwyse – gebed, Bybel lees en lofprysing balanseer en verryk my lewe

’n Lewe van dankbaarheid

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.