Die Politikus
Hierdie prosastuk is
‘n Karakterskets en ‘n onderafdeling van die kort prosateks familie
geskryf deur Amanda Spies du Plessis
Omtrent prosa
Die skryf van ‘n fantasie storie in literêre fiksie, algemene fiksie en ontspannings fiksie. Fiksie is nie feitelik nie.
Tipes prosa
- Blitsfiksie
- Vonk fiksie
- Die kortverhaal
- Kort prosatekste
- Die roman
- Vertaling van prosa
Die Politikus het wel ‘n paar deugde, al sukkel die gewone man op die straat om dit te sien. Hy hou van praat en gebruik sy welluidende en welgevormde stem om die massas te oortuig van sy standpunt. Sy stem raak driftiger soos hy die massas toespreek. Sy gesig is skoon geskeer en sy hare kort en netjies. Hy praat graag met sy hande -sy naels kort geknip. Die Politikus dra ‘n pak klere met ‘n sakdoek in die boonste sak. Sy skoene is duursaam en blink. Hy word heen en weer gery deur ‘n Chauffeur – sy motor is groot en die nuutste model. Hy open hospitale en skole en besoek mense wat deur misdaad geraak is. Sy stemtoon is sag en gemoedelik wanneer hy siekes besoek. Hy raak aan die siekes en gesels ook met die familie.
Hy stel hulle gerus dat die Regering alles in hulle vermoë doen om gesondheidsorg in die land te verbeter. Die Politikus waai vriendelik vir die mense wanneer hy uit sy motor klim en die Parlement binnestap terwyl sy Gade uitgedos in die nuutste mode by hom inhaak.
Die Politikus se foute word meestal onder die mat ingevee en sy Persona is so groot dat die gewone man op straat graag wil glo dat die politikus opreg is. Dit is egter net wensdenkery. Die Politikus is self gesentreerd, magsbehep, selfversekerd en verwaand. Sy klere word aan hom geskenk deur ryk olie magnate in ruil vir tenders met die Regering. Hy maak asof hy omgee wanneer hy skole of hospitale besoek net om na die tyd 100 jaar oue KWV te drink saam met ander Politikusse terwyl hulle beplan waar hulle nou weer korrupsie kan pleeg – hulle uitspattige leefstyl kos ‘n klomp geld. Hy praat maklik oor geld spaar terwyl hy in die gesteelde geld rol. Hy gee absoluut niks om vir die arm man op straat nie.
Hy vlieg Moskou toe in ‘n private straler vir mediese behandeling terwyl die hospitale in sy eie land gebuk gaan onder korrupsie en onbevoegde personeel – hy gee egter nie om nie, solank as wat hy oorsee kan rondrinkink.
Hy sit sy voete nie in Pep stores nie, nee hy koop Versace en dra sy dokumente in ‘n Louis Viton sak en dit terwyl hy vir die massas vertel dat hulle begrotings moet opstel en plaaslik moet koop. Arrogant is net een beskrywing wat hom goed pas – daar is te veel om hier op te noem. Hy lieg sonder om ‘n oog te knip en glo homself. Wat ‘n akteur!
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you