Naguil koerant uitgawe 1 van 2023

Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.
Van die Redaktrise
So tussendeur beurtkrag maak die Naguil weer sy verskyning. Die eerste uitgawe van die Naguil vir 2023 is opgekikker om by die nuwe jaar te pas. So ook het die Amanda Skrywer webblad ’n nuwe baadjie aan. Die ou webblad het 2 jaar lank dieselfde gelyk so dit was tyd om veranderinge aan te bring. Verbeteringe om die webblad meer toeganklik en verteenwoordigend te maak. En toe ek eers begin met die verbeteringe was daar geen einde nie.
Skrywes is ingedeel in verskillende skryf kategorieë, tipes en genres. Dit het ten doel om die verskillende skrywes beter te organiseer en formele skrywes van informele skrywes te skei. Dan is daar ’n nuwe rubriek Teetyd kuiers wat elke tweede week gepubliseer word.
Die Naguil koerant verskyn maandeliks in die 2de helfte van die maand en is voller as ooit met ou en nuwe boeke, diere sake, skrywer sake en inspirasie.
Kuier lekker saam.
Groete
Amanda
Skrywer kollig
CJ Langenhoven – skrywer van die Stem, die volkslied van Suid-Afrika.
Het jy geweet?
- dat Langenhoven ’n lewenslange stryd met die drankbottel gevoer het en selfs werk verloor het as gevolg daarvan?
- Sy agterkleindogter Willemien Brümmer is ook ’n skrywer en joernalis
- Langenhoven was meer as net ’n skrywer – hy was ook ’n geregistreerde prokureur.
Ou boek kollig
Majesteit, die kat: verhale en gedigte oor katte byeengebring deur Lina Spies is in 1998 uitgereik en spruit uit Lina se liefde vir katte. Die boek is ’n pragstuk met 74 gedigte deur 40 skrywers en 11 kunstenaars.
Johan Rademan van RSG het ’n onderhoud met Lina gedoen en met haar gesels oor haar liefde vir katte en hierdie koffietafel meesterstuk. ’n Moet lees vir kat liefhebbers.
Stories oor plekke en sy mense
- Gedurende grendeltyd het ’n nuwe tydskrif so stil-stil sy/haar verskyning gemaak. My ousus het vir my ’n geskenk kopie gestuur. Wat ’n lekkerte. Lang insiggewende artikels, mooi uitleg, min advertensies. Joernaal is ook in Engels beskikbaar. Die pragtige tydskrif is gemik op mense ouer as 40 en verskyn 3 keer per jaar. Tans kan jy die tydskrif koop by uitgesoekte Spar, Clicks en Woolworths winkels. Die redaktrise is Terena van die Idees tydskrif.
- Kunstenaars is baie veelsydig soos hierdie storie weereens bewys. Helga Stentzel van Brittanje se kuns ateljee is op die wasgoeddraad. Unieke kuns idee.
- ’n Man in Indië dra net wit en rooi en sy naam is nommer 7. Dit klink dalk na malligheid, maar Nommer 7 is wêreldwyd bekend en ’n toonbeeld van vrolikheid.
Nuwe boek kollig
Krygsgevangene kuns in die Anglo-Boereoorlog geskryf deur Vicky Heunis is ’n boek vir elke Afrikaner wat intens belang stel in die Afrikaner geskiedenis. Hierdie boek handel spesifiek oor die kuns wat krygsgevangenes gemaak het tydens die oorlog. Dit kyk na die oorlog vanuit ’n unieke hoek. Die skrywer is ’n historikus en het grade in Erfenis en Museum studies asook in Kultuurgeskiedenis.
Skrywer sake
’n Nuwe-Afrikaanse uitgewer wat in digitale publikasie spesialiseer maak op 12 April 2023 sy buiging. VIVA uitgewers spring weg met ’n kortverhaal bundel en wil die Afrikaanse mark digitaal uitbrei.
Video kollig
Geleerdes vra baie keer: Maak jy jou bed op in die oggend? Hoekom vra hulle dit? Hier is die antwoord
Grapjas

Musiek kollig
In 1983 het ‘n seunsgroep Suid Afrika oorrompel met hulle talent, gekleurde broeke en sagte skoene. Geniet!
Inspirasie
Mark Pilgrim se moedige stryd teen kanker het ons almal aangeraak. Hy het nooit moed verloor nie en was ’n inspirasie vir baie. ’n Suid-Afrikaanse fotograaf het foto’s vrygestel na Mark se afsterwe. ’n Treffende huldeblyk.
Diere sake
Die oorlog in Oekraïne eis elke dag nuwe slagoffers. Onlangs in Lviv het ’n bom die woonhuis van ’n gesin verwoes – almal in die huis het gesterf behalwe Elsa die gesin se geliefde Jack Russell. Sy is deur reddingswerkers gevind waar sy opgekrul in die oorblyfsels van die huis lê.
Bybel vers
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Almagtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.” PSALMS 91:1-2 (AFR83)
Vinnige Resep
Kaas poffer pasteitjies
1 rol puff pastry
Roomkaas
Cheddarkaas
Botter
Ontdooi die puff pasteideeg en sny in ongeveer 24 vierkante. Sit op elke vierkant ’n mespunt roomkaas en ’n teelepel cheddar kaas. Vou die vierkante toe en druk die kante met ’n vurk. Smeer gesmelte botter bo-op en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15 minute of tot goudbruin. Eet louwarm
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you