Tuinmaak foute van ‘n beginner tuinier

Tuinmaak foute van ’n beginner tuinier was daar baie in die 3 jaar van my tuinmaak avontuur. My Ma is ’n meester tuinier en al haar tuine in die loop van die jare was prentjie mooi. Dit was selfs afgeneem deur die Internasionale tuin tydskrif Gustos. Ma het gehou van tonne blomme van elke kleur waaraan jy kan dink. Fyntuin en seisoenaal.

tuinmaak foute van 'n beginner tuinier

Dit was baie werk om elke seisoen ander bolle en sade te plant

Na vele jare van teenstand bied teen tuinmaak het ek ingegee en besluit om te probeer. Eintlik wou ek sien wat so spesiaal aan tuinmaak is  en ek het klein begin met kruie op my vensterbank. ’n Paar weke later het ek gelees van ’n tuin oggend wat gratis by ’n tuinsentrum aangebied sou word. Die spreker was Tanya Visser. Haar dinamiese aanbieding het my oortuig en ek is vol moed huis toe.

Tydens die pandemie het ek besluit om groter tuin te maak

Ek het vrugte bome geplant, my agterplaas se gras uitgeruk en meer as 200 plante aangekoop. Die uwe was omtrent begeesterd. Ek was egter nog baie onkundig en het in die proses baie foute gemaak en baie lesse geleer. Alhoewel ek  ’n basiese plan opgestel het vir my agterplaas het ek gesukkel om by te bly met onkruid en plante wat vrek.

Tuinmaak foute van ’n beginner tuinier

Te veel plante te gou – ek moes minder plante aangekoop het en hulle eers in die grond gekry  en aan die groei gekry het. Baie geld is in die water gegooi met onoordeelkundigheid.

Ek het 4 tuinkamers gemaak en almal basies gelyk aangepak. Dit terwyl elke tuinkamer sy eie behoeftes het. Ek hou steeds van tuinkamers maar moes eers 1 gedoen het en gevestig het. Bemeestering van vier op een slag was te veel vir ’n beginner tuinier.

Vir ’n beginner tuinier het ek nie genoeg kennis bymekaargemaak voordat ek weggespring het nie en dit sou onnodige kopsere veroorsaak. Drie jaar nadat ek begin tuinmaak het dink ek steeds tuinmaak is majestueus en ’n goeie stokperdjie. Dit verlig stress en maak jou gemoed stil. Ten spyte van al die foute wat ek gemaak het, sal ek tuinmaak aanbeveel. My plumbago is in volle blom en elke dag in my tuin maak my gelukkig.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.