Kuier ’n woord met vele betekenisse

Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam
Kuier ’n woord met vele betekenisse. Dit hang af wie jy vra en wat die geleentheid is. Welkom by nog ’n Teetyd rubriek. Vandag gesels ons oor kuier. So kry vir jou ’n koppie tee of koffie en ’n eet dingetjie en gesels saam.
Vir baie mans beteken kuier die opsteek van ’n braaivleisvuur, vriende en ’n drankie in die hand. Daar word vis stories uitgeruil en oor vinnige motors gepraat. Vrouens nooi weer graag ’n vriendin of twee vir ’n kuier in ’n restaurant. Meestal ontbyt of middagete. Min vrouens bak iets tuis en koop sommer iets om te eet by die tuisnywerheid vir ’n kuier tuis. Dan word lekker geskinder oor bekendes en raad gegee oor kinders.
Kuier ’n woord met vele betekenisse
Vir my persoonlik het die woord kuier na 50 ’n ander betekenis as in my 20’s en 30’s. Kuier vir my is nou by die boek klubs waaraan ek behoort in my tuisdorp. Die een boekklub is vreeslik formeel en literêr ingestel terwyl die ander ene gesels oor self publikasie, biblioteke. Terwyl die 2 boek klubs van mekaar verskil kuier ons steeds met boeke en dit balanseer die skaal. Verder kuier ek by die kerk met die Bybel en gebed saam met mede gelowiges – dikwels sonder koek en tee.
Ek kuier ook Maandae en Vrydae saam met my kleinkinders – ons verf, speel krieket en bak kolwyntjies.
My Ma vertel my hoe lekker sy saam met die hoenders op die plaas kuier en sy en Sara haar kat kuier saam op die stoep in die son. Ma drink tee en voer Sara biltong. Dit maak haar gelukkig en dis al wat tel. Kuier is ook twee vriendinne wat vreugde en seer deel oor ’n pizza en ’n glasie wyn in die eenvoud van ’n huis of woonstel. Vir die tuinier beteken kuier om oor plante te gesels en saadjies te sien ontkiem en groei.
So wat beteken kuier vir jou?
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment