Soekmekaar – Dana Snyman

Opininie van Dana Snyman se nuwe boek Soekmekaar

soekmekaar dana snyman

Dana Snyman is geen onbekende in skrywerskringe nie en boek liefhebbers geniet sy boeke terdeë. Sy nuutste boek Soekmekaar stel beslis nie teleur nie.

Boek bekendstelling

Ek het sy boek bekendstelling by TAVCOR George bygewoon waar hy met Viljè Maritz gesels het. ‘n Mens kan sommer sien en hoor hy kom uit ‘n predikants huis. Met tye het hy bietjie aan die preek geraak oor die Apartheids jare, die nagevolge en ons verantwoordelikhede om ‘n werklike nuwe Suid Afrika te skep wat vir almal ‘n tuiste sal wees.

Soekmekaar feite

Dana se nuutste boek Soekmekaar is opgedeel in kortverhale wat elkeen ‘n eie storie vertel. Tipies aan Dana se skryfstyl, lees sy boeke maklik en verseker dit dat jy nie die boek kan neersit voordat jy die laaste bladsy verslind het nie. Die sagteband boek se voorblad is ‘n foto van die kenmerkende tafel en stoele langs die pad.

Die stories

“I would define nostalgia as a longing for a home that no longer exist or has never existed. Nostalgia is a sentiment of loss and displacement, but it is also a romance with one’s own phantasy and that can be dangerous – Svetlana Boym

Dana delf diep in die Afrikaner se nostalgiese leefwyse waar menigte van ons vasgehaak het en nie kan of wil voortbeweeg nie. Nostalgie veroorsaak soms dat mens tred met realiteit verloor.

Die AWB en Oom Eugene

Ventersdorp is onlosmaaklik deel van Dana se lewe. Dis waar sy oorlede Pa die Kapelaan van die AWB was en Eugene Terreblance by hulle aan huis gekom het. Hy vertel van sy aand met gedigte met Eugene en sy ontmoeting met die Bogosi gesin wat later by hom in Jacobsbaai gewoon het. Hy het hard probeer om Ventersdorp agter te laat maar kan nie – sy Pa en Ma is daar begrawe en sy eie voetspore lê diep.

Dana se struggle

Sy ontnugtering met die ou Suid Afrika is ook dinge waarmee baie van ons sukkel. Hoe kon ons dieselfde aan ander doen wat die Engelse aan ons gedoen het? Soms raak die boek diep en donker en wens mens dit wil nou klaar kry maar die woorde trek jou terug om verder te lees, selfs skaam te kry en te sê: Hoe op aarde gaan ons heel anderkant uit kom en weer gerespekteer word.

“Die Afrikaner het gebou aan sy eie wêreld, het homself sterk gemaak en in die proses die Engelsman, Kleurling en Bantoe van hom vervreem – DJ Opperman

Hy vertel ook die hartseer selfdood van sy geliefde verloofde en sy worsteling met al die hoekoms.

Dis hartseer

Dana se Ma het soos so baie ander vrouens haar ding in die agtergrond gedoen. Sy het haar eie behoeftes en drome agtergelaat om haar man se drome te help vervul. Moedig het sy die goeie stryd gestry sonder om te kla of te vraL Wat van my? Waneer is dit my beurt?

Die boek

Ek kon die boek nie neersit nie en het dit in 1 dag klaar gelees. Dit gaan beslis sommige mense knorrig maak veral die wat in ‘n nostalgie wêreld vasgevang is. Die stories is eerlik en opreg en Dana het homself ontbloot in Soekmekaar maar het ook die pad gevind na sy nuwe begin.

Hierdie is ‘n onafhanklike boek resensie net soos Tallie se storie en Uit die binneland.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.