Smokie ruk en rol voort

smokie ruk en rol voort

Smokie ruk en rol voort. Hierdie maats van skool het Internasionaal bekend geraak met hulle treffer Living next door to Alice. Smokie het ontstaan in 1963 in Yorkshire. Die oorspronklike lede was Ron Kelly, Alan Silson, Chris Norman, Terry Uttley. Hulle was gou baie bekend en gewild.

Die groep deur die jare

Deur die jare het die hoofsanger Chris Norman die groep verlaat om ‘n suksesvolle solo sangloopbaan te vestig. Chris is baie gewild in Duitsland en sy hoof bewonderaarsklub is ook daar gesetel. Hy en die res van die groep is egter steeds op vriendskaplike voet en tree elke nou en dan saam op.

Hoogtepunte

  • 13 Top 20 treffers in die 70’s
  • 20 miljoen plate verkope
  • Die enkelsnit Living next door to Alice het 10 miljoen plate verkoop
  • Aktief van 1963 tot nou

Sterftes in die groep

  • Alan Barton het in 1996 in ‘n motorongeluk gesterf terwyl Smokie op toer was.
  • In 2021 is die kitaarspeler Terry Uttley onverwags oorlede. Hy was 70 jaar oud.

Smokie in Suid Afrika

Smokie het verskeie kere in Suid Afrika getoer. In 1997 het hulle in die Bellville Vellodrome opgetree – dit was die eerste keer wat ek hulle sien optree het. Dit het ‘n tipiese ruk en rol geur en klank gehad. Niemand het vir ‘n minuut gesit nie. Die musiek was net so energiek soos die manne op die verhoog. Die interaksie tussen die groep en die bewonderaars het dit ‘n aand gemaak om te onthou.

In 2012 was hulle terug in Suid Afrika en het ‘n opelug vertoning by die KKNK in Oudtshoorn gehou. Weereens was ek daar en volgens my was dit selfs beter as die ene in 1997. Dit was meer intiem, die ouens was baie gemaklik en het selfs ‘n paar Afrikaanse woorde ingegooi.

Smokie ruk en rol voort

In 2022 is hierdie formidabele groep rockers weer op toer in die wêreld – ongelukkig is Suid Afrika nie weer op die lys nie. Die manne is nou almal Oupa’s en steeds keer niks hulle nie. Treffers soos Lay back in the arms of someone, Mexican Girl en Oh Carol weerklink steeds oor die Radio en op die verhoog.

4 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    21 May 2022 at 5:10 am

    Woeste musiek die ruk en rollers saam.

  2. Una

    20 May 2022 at 7:59 pm

    Amanda, weereens raak jy my hartsnare aan! Ek was nog altyd en is nog steeds ń GROOT Smokie aanhanger.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.