Tydlose musiek
Tydlose musiek waarna ons luister en geniet sonder dat ons altyd besef hoe oud dit werklik is. Dit val goed op die oor en gemoed. Musiek is universeel – die klank, woorde, melodie. Ons kan dit voel, hoor, sien. Sommige musiek is van verbygaande aard – dit is gewild vir ‘n tydperk en dan vergeet ons daarvan. Dit is egter nie die tipe van musiek waaroor ons vandag gaan praat nie. Vandag gesels ons oor tydlose musiek waarna mense van verskillende generasies luister. Die fokus is op Internasionale kunstenaars.
Tydlose musiek – Internasionaal
Die musiek wat generasies saam bind. Die musiek wat hier gelys word is nie in ‘n spesifieke volgorde nie. Kom ons gesels musiek.
ABBA
Hierdie groep het reeds in 1966 begin vorm aanneem toe die twee mans Bjorn en Benny in die groep mekaar ontmoet het. In 1969 het die twee vrouens Frida en Agnetha aangesluit by die groep. Almal is van Sweedse afkoms behalwe Frida wat afkomstig is van Noorweë. Die groep het begin deur volksliedjies te sing.
In 1972 het hulle 3de gekom met die treffer Ring ring en die Europese mark betree.
Agnetha en Bjorn en Frida en Benny het onderskeidelik verlief geraak en getrou. Die jaar 1980 was ‘n groot jaar vir die groep met ‘n uitverkoopte Japan vertoning. Dit was ook hulle laaste lewendige vertoning. Teen 1982 was albei huwelike op die rotse. Die groep het egter steeds voortgegaan en albums uitgereik. Hulle het in 2020 vir die eerste keer weer nuwe musiek uitgereik. Treffers was daar baie soos Super Trooper, The winner take it all en Take a chance on me word steeds gereeld gespeel en geniet deur oud en jonk.
Tina Turner
Tina is in Amerika gebore in 1939. Sy is van nederige afkoms en het onder andere gewerk as ‘n huishulp en verpleeg assistent voordat sy roem verwerf het saam met haar sangmaat en eggenoot Ike Turner. Hulle eerste treffer saam was A fool in love. Terwyl hulle ‘n groot sukses as ‘n Duo behaal het, het dit tuis in ‘n nagmerrie ontaard vir Tina. Ike het haar fisies en emosioneel mishandel.
In 1976 het Ike onder die invloed van drank en dwelms vir Tina so erg mishandel dat sy in die nag van hom af gevlug het
Dit was die einde van hulle huwelik en musiek. Tina is in 1978 amptelik van hom geskei. Na haar egskeiding moes sy basies weer van vooraf begin en in 1983 het haar deurbraak gekom as ‘n solo sanger met die treffer Private Dancer. Hierna was daar geen keer aan die Koningin van Ruk en Rol nie. Sy het die treffers die een na die ander uitgeryg: What’s love got to do with it, You’re simply the best om net ‘n paar te noem. Sy het in 2000 afgetree na verskeie gesondheids probleme. Sy woon in Swede saam met haar man Erwin Bach.
Queen
Freddie Mercury, Brian May, Roger Taylor en John Deacon het in 1970 ‘n groep begin wat die wêreld oorrompel het en steeds vandag suksesvol is – selfs na die dood van Freddie Mercury in 1991. Tussen 1970 en 1991 het hulle verskeie treffers gehad waaronder We will rock you, We are the Champions, I want to break free en Bohemian Rhapsody.
Queen en Freddie Mercury se vertoning by Live Aid 1985 is amptelik aangewys as die grootste en beste ruk en rol vertoning van alle tye
Die dood van Freddie was egter nie die einde van Queen nie met Brian May en Roger Taylor wat met kunstenaars soos Paul Rogers en Adam Lambert saamwerk en Queen laat voortleef in uitverkoopte stadions en steeds behaal Queen ongekende sukses op die wêreld verhoog. So onlangs soos 19 Maart 2022 het Queen weereens rekords gebreek met die vrystelling van hulle Queen + Paul Rodgers: Live In Ukraine 2008 YouTube vertoning waarmee fondse ingesamel is vir die oorlog geteisterde land.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you