Ryk mense en hulle probleme
Ryk mense en hulle probleme. Dit was die onderwerp onder bespreking tydens ‘n oorsese televisie program. Terwyl daar met ryk mense die spot gedryf is het dit my nogals laat dink aan ‘n swart man saam met wie ek in die Polisie gewerk het. Hy het een keer te lekker gelag oor sogenaamde witmense se probleme.
Almal het probleme
Ja dit is so – dit is net dat ons probleme van mekaar verskil soos wat die swart man uitgewys het – dit was in die laat tagtigs en dinge het sederdien opmerklik verander. Hy het onder andere verwys na witmense se aankope van pedigree diere en die prys daarvan. Daar was nog vele ander voorbeelde maar dis ‘n gesprek vir ‘n ander keer. Vandag praat ons oor ryk mense en hulle probleme.
Ryk mense en hulle probleme
Geld of die gebrek daaraan is ‘n kwessie vir almal – net in verskillende grade. Die superrykes se probleme is in ‘n klas van hulle eie. Alhoewel ek net my kop kan skud en lekker lag daaroor besef ek egter ook dat dit vir hulle ‘n saak van erns en kommer is.
‘n Klompie jare gelede was daar groot vloede en skade in die Glentana gebied. Spesifiek met die massiewe strandhuise wat op die sandduine gebou is. Huise het opgebreek en stuk vir stuk by die sandduine afgeval. Die huiseienaars was woedend en het daarop aangedring dat die Regering hulle vergoed – dit was onsuksesvol. Die gewone man op straat kan dit in die eerste plek nie bekostig nie. En in die Bybel staan duidelik ‘n mens moenie jou huis op die sand bou nie.
In Amerika het die rykes spesiale VIP klubs vir pedigree honde en katte en die eienaars moet aan streng voorwaardes voldoen om aanvaar te word onder andere bewyse van inkomste
- Sekere voertuie van die rykes is so duur en eksklusief dat hulle in temperatuur beheerde motorhuise met volvloer matte gebêre word.
- Die onlangse kollege skandaal in Amerika het ontbloot hoe skatrykes omkoopgeld aan kolleges betaal het sodat hulle ongekwalifiseerde kinders toegang tot die top kolleges kon kry.
- In Suid Afrika gaan dit nie veel beter nie – selfs in sekere Hoër skole is dit alombekend dat ryk ouers vir hulle kind ‘n plek in die skool, leerlingraad en in die eerste span koop.
My probleme lyk skielik vreeslik klein gemeet aan die rykes se probleme. Soos die swart man van die tagtigs lag ek nou ook te lekker vir ryk mense en hulle probleme.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you