Sit ‘n malva in jou hoed
Sit ‘n malva in jou hoed en lag. Barbara Johnson was ‘n Christen skrywer, vrou vir haar man en Ma van 4 seuns wat ons laat lag en inspireer het. Alhoewel sy Amerikaans was is haar boeke in verskeie tale vertaal so ook in Afrikaans.
Die vrou agter die boeke
Barbara Johnson was ‘n doodgewone Ma en vrou vir haar man. Sy en haar man het hulle 4 seuns in ‘n Christelike huis groot gemaak. Sy het haar eerste boek met die titel Put a Geranium in your hat and be happy geskryf in haar vyftigs. Haar boeke was en is steeds inspirerend. Sy het ‘n positiewe geaardheid gehad en altyd na iets gesoek om voor dankbaar en gelukkig te wees. Haar eie lewe het egter baie tragedies beleef – en steeds het sy blymoedig gebly.
Barbara Johnson se hartseer
- Haar man was in ‘n ernstige ongeluk wat hom amper sy lewe gekos het.
- Barbara se oudtste seun is tydens die Vietnam oorlog doodgeskiet.
- Skaars 4 jaar later is nog een van haar seuns in ‘n motorongeluk dood weens ‘n dronk bestuurder
- Drie jaar later het haar 3de seun uitgekom as Gay en alle kontak met sy familie verbreek.
- Barbara is gediagnoseer met Diabetes en later ook met brein kanker
- Haar man het gesterf terwyl sy geveg het om brein kanker en nie by hom kon wees nie.
Barbara skryf haar eerste boek
Sy was as Christen baie aktief in die kerk betrokke dus was dit ‘n geweldige skok toe haar Christen seun op ouderdom 23 jaar as Gay identifiseer. Dit was in die 1970”s. Sy en haar seun het ‘n uitval gehad oor homoseksualiteit. Hy het hierna sy goed gevat en geloop. Barbara was stukkend en terwyl sy tussen die malvas in haar tuin rondgeloop het, het sy die idee gekry om te begin skryf oor haar seer en ander mense met gay kinders te bemoedig. In die 1970’s was homoseksualiteit ‘n taboe onderwerp en vir Christene onvergeeflik. Sy het skryf as terapie gebruik en duisende mense bemoedig en gehelp. Haar boek Put a Geranium in your hat and be happy is in Afrikaans vertaal na Sit ‘n malva in jou hoed en lag. Hierna het talle boeke uit haar pen verskyn. Sy het ‘n ondersteunings netwerk Spatula gestig vir Ma’s met gay kinders en ‘n motivering spreker geword en ten spyte van haar eie seer was sy die ene wat ander opgebeur het.
Die verlore seun
Elf jaar nadat haar seun by die deur uitgestap het en uit sy familie se lewens verdwyn het was Barbara Johnson se lewe vol ten spyte van die vervreemding. Haar 4de en laaste seun is intussen getroud en het 2 kinders gehad en Barbara was ‘n suksesvolle skrywer met meer as ‘n miljoen verkope. Op Moedersdag het haar foon gelui: “Halo Ma, dis Larry kan ek ‘n draai kom maak?” Elf jaar se vervreemding het daardie dag tot ‘n einde gekom.
Vreugde en siekte
Soos net ‘n Ma kan het sy die verlore seun terug verwelkom en hy het uiteindellik een van haar grootste ondersteuners geword. Na haar kanker diagnose het sy in 5 jaar nog 4 boeke geskryf. In Julie 2007 het sy haar stryd teen kanker verloor. Haar boeke leef voort. Barbara Johnson – ‘n merkwaardige vrou. ‘n Inspirasie.
scrapydo2.wordpress.com
19 March 2022 at 1:16 amEk het al Barbara Johnson se boeke verslind. Het daardie tyd toe hul uitgekom het nog in biblioteek gewerk en kon elke uitgawe eerste lees voordat dit op rakke gesit is.
Amandaskrywer(Aduppie)
26 March 2022 at 8:38 pmBarbara het net ‘n manier gehad om dinge te sê en sy verryk steeds ons lewens. Tydloos