Familie vervreemding

0
(0)
familie vervreemding

Die verhouding tussen ouers en kinders is gekompliseerd en intens. Families beleef krisisse en onmin ontstaan. In uiterste gevalle gebeur dit soms dat ‘n kind sy hele familie uitwis. Meer kere is dit vervreemding wat families uitmekaar skeur.

Die afgelope week het daar ‘n artikel oor Familie vervreemding op Litnet verskyn wat sterk reaksie uitgelok het. Die betrokke artikel is ‘n studie stuk en nie daarop gemik om kant te kies nie, eerder om feite rondom vervreemding op die tafel te sit. Dit het my opgeval hoe baie van die kommentaar negatief teenoor die ouers is. Veral Ma’s word uitgesonder vir venynige aanmerkings.

Vind jou pad terug huis toe

A daughter’s journey home sal jou aangryp – lees dit en doen wat jy moet doen om dinge reg te maak.

A daughter’s journey home geskryf deur familie sielkundige en berader Dr. Linda Mintle is ‘n boek wat elke Ma en dogter behoort te lees selfs al is die verhouding tussen Ma en dogter goed. Dr. Linda praat met beide Ma en dogter in die boek alhoewel sy meestal fokus op die dogter se rol in die gesin. Die dogter kan ‘n tiener wees of ‘n 50 jarige vrou. Sy verduidelik in detail hoe kompleks die verhouding tussen ‘n Ma en dogter is en hoe dit altyd belangrik is om ‘n verhouding met mekaar te hê.

Onopgeloste misverstande en seerkry dinge

Dr. Linda se jarelange ervaring in verhoudings tussen Ma’s en dogters kom duidelik in die boek navore. Volgens haar is vervreemding tussen Ma’s en dogters meestal te wyte aan onopgeloste misverstande en dinge wat spruit uit die kind asook die Ma se kinderjare. Die studie stuk bepaal dat vervreemding meestal deur kinders ingestel word omdat hulle nie weet hoe om onopgeloste dinge te verwoord en te bespreek nie. Die kinders plaas dan afstand tussen hulle en die ouers want dan hoef hulle nie die kwessie aan te spreek nie. Meeste ouers en in besonder Ma’s wil net die beste vir hulle kinders hê en doen nie doelbewus dinge wat hulle dogters kan seermaark nie en soms maak hulle foute in die proses. Niemand is volmaak nie, nie Ma’s nie en ook nie hulle kinders nie.

Vind jou pad na vergifnis, vrede, liefde en jou Ma

Dr. Linda se raad oor al die verskillende kwessies is elke keer dieselfde: Reik uit en maak dinge gaan reg. Tydens vervreemding is Ma’s meestal die ene wat uitreik na die verlore dogter. Dit beteken nie dat jy verkeerd en jou Ma reg is nie. Dikwels is die kind bang om kontak te maak met die Ma en vrees verwerping en vergelding en dis meestal ongegrond. Ma’s is oor die algemeen baie vergewensgesind. Volgens haar bestaan daar nie iets soos ‘n perfekte familie nie. Die familie wat jy gekry het is joune met al die kinkels en kabels en ons moet leer om konflik te hanteer.

Love opens possibilities. Because of love, you can and should go home again – Dr. Linda Mintle

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading