Seerowers hou my besig

seerowers hou my besig

Sondae is ek net rustig tuis en lees of kyk ‘n fliek. Die keuse het vandag op Pirates of the Carribean Curse of the black pearl geval.

Seerowers hou my besig- rerig

Seerower flieks en boeke het so ‘n fassinerende uitwerking op my. Dit neem my terug na die ou Kaapse verhale van Ena Murray. Ek kon myself altyd verloor in een van haar ou Kaapse verhale. Sy het die vermoeë gehad om mens in te trek en deel van haar stories te maak.

Fantasie

Daar is vir my niks lekkerder as om ‘n fantasie storie te luister of te kyk nie. Die Pirates of the Carribean reeks is puik gedoen en veral die bote neem jou terug na ‘n tyd voor selfone en die moderne lewe. Ek het baie agter die skerm video snitte gekyk en geen geld is gespaar om als so eg as moontlik te laat lyk nie. Selfs die revolwer wat Kaptein Jack Sparrow in die reeks gebruik, is oorspronklik en kom uit die seerower era.

Seerower Kaptein Jack Sparrow

Johnny Depp is uitmuntend in die reeks en selfs met sy seerower klere en al val die man steeds sag op die oog en kan enige meisie ‘n sagte plekkie vir hom ontwikkel alhoewel hy nou nie eintlik lyk of hy veel belangstel in romanse nie.

Ontsnap van die wêreld

Dis soms baie lekker om te ontsnap van die nare wêreld waarin ons leef en bietjie te kuier in ‘n fantasie wêreld. Vir ‘n uur of so vergeet jy van jou probleme en geniet net die fliek of boek en word deel van ‘n ander wêreld. Seerowers was jare terug die rowers van die see en tog hou seerowers my steeds besig met swaard gevegte, rum partytjies en goue muntstukke en natuurlik die bote.

‘n Lekker Sondag middag in die geselskap van seerowers, die oop see en Johnny Depp. Manjifiek.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.