Die wonder van lees

0
(0)
die wonder van lees

O die wonder van lees. Amanda hou van lees en dis lekker! Ek is absoluut dol daaroor om te lees en ook te skryf natuurlik. Dis my twee gunsteling stok perdjies. Dit verskaf my ure se genot. Lees het ontvlugting gebied in die tiener jare toe die lewe soms maar moeilik en eensaam was.

Leeskring

Ek behoort ook aan ‘n leeskring by die plaaslike biblioteek waar ons interaktiewe boek besprekings doen. Dit is geweldig interressant en ook inspirerend om met ander oor boeke te gesels.

September 2019 se leeskring bespreking was die aangrypende verhaal van Dr Edith Eger ‘n oorlewende en oorwinaar van die Holocaust. Haar boek The Choice laat jou hare rys oor die onregte wat haar en ander Jode aangedoen is. Die boek laat jou ook verstom oor haar innerlike krag en positiwiteit.

Boeke, tydskrifte

Behalwe die leeskring boer ek ook tussen die boeke op my eie. Ek is altyd omring deur boeke. Ek besoek plaaslike boek winkels waar ek ure tussen die boeke kan verwyl. Ek koop graag boeke by tweedehandse boek winkels teen ‘n fraksie van die oorspronklike prys. Tweedehandse boek winkels is ‘n goudmyn wat wag om ontgin te word.

Boek bekendstellings

Ek woon ook graag boek bekendstellings by insluitende die van wild vreemde skrywers en dikwels op die snaakste plekke. Ek is altyd verras oor al die verskuilde talent in hier land van ons.

Ek ondersteun graag plaaslike skrywers en kunstenaars want dis hoe onbekende skrywers ‘n ondersteuners basis opbou en bekendheid verwerf.

Ek lees enigiets insluitende ware verhale, inspirerende boeke, boeke oor ander kulture en lande en ook geskiedenis boeke.

Ek verslind ook tydskrifte soos DeKat, Sarie, Huisgenoot, Finesse en nog talle ander. Ek kan nie al die tydskrifte bekostig nie so ek neem baie van die tydskrifte by die Biblioteek uit.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading