Rokers

0
(0)
rokers

Teetyd kuiers is ‘n maandelikse gesels rubriek geskryf deur Amanda Spies du Plessis

Amanda Spies du Plessis

Teetyd kuiers argief

Rooibos tee

Teetyd kuiers met Amanda

Rokers is selfsugtig of sosiale meesters en ons het die Franse om te bedank of te haat vir die rookwalms. Jean Nicot de Villemain (1530-1600) was ’n Franse diplomaat en die eerste mens wat tabak in Frankryk ingevoer het. Na al die dekades is Frankryk steeds gewild onder rokers en word rook wêreldwyd as sosiaal aanvaarbaar beskou – ten spyte van die bewese gesondheidsrisiko’s.

Niemand in my onmiddellike familie het gerook tydens my grootword jare nie.

Dit was eers toe ek by die Polisie kollege ingestap het dat ek daarmee gekonfronteer is en ja sommige van die sigarette het ietwat verdag voorgekom. Meeste jonges het gerook en dit het na die norm gelyk vir ’n baie naïewe jong meisiekind. Na opleiding was ek in Kimberley gestasioneer en rook was ’n algemene ding – daar is oop en bloot in die kantore en die aanklagte kantoor gerook en die rookbolle is in jou gesig geblaas tot groot vermaak van die roker.

Nadat rook in openbare plekke verbied is, het dinge tussen en rokers en nie-rokers verander.

Waar almal saam tee gedrink het en tussen rookwalms hulle versnaperinge genuttig het, bondel rokers buite saam en die 1 of 2 wat nie rook nie bly in die kantoor agter. Te dikwels word belangrike sake onder rokers bespreek wat in die meerderheid is terwyl nie-rokers salig onbewus is van die besluite wat sonder hulle geneem is. 

Die gaping tussen rokers en nie-rokers is duidelik sigbaar. Dis algemeen aanvaarbaar dat rokers elke uur uit die kantoor stap om ’n dampie te maak en 10 minute later terugkeer en ook die volle tee en etenstyd neem. Nie-rokers word vreemd aangekyk indien hulle ’n koppie tee buite teetyd nuttig en indien hulle dit sou durf waag om die tee buite te nuttig is dit ’n doodsonde.

Ek moet bieg dat ek wel al ’n paar sigarette opgesteek het in my jeug. Dit is egter 35 jaar gelede. Ek hou van koffie wat nie na rook proe nie en sosialiseer eerder met sjokolade.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading