Internet
Rubriek
Aktueel
Omtrent Rubrieke
Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.
Tipes Rubrieke
- Komies
- Polities
- Aktueel
- Nostalgies
- Vakkundig
- Teetyd kuiers
Internet. Een van die wonderlikste uitvindings van hierdie eeu – dis nou buite die spoeltoilet, elektrisiteit en lopende water om net ’n paar te noem. Die Internet het ons lewens vir altyd verander.
Dit is ’n goeie byvoeging tot ons lewens
Dit is super vinnig om inligting te kry. Resepte, Doen dit jouself projekte, Navorsing vir take. Noem dit op en inligting is beskikbaar in ’n kits en jy het niks meer as ’n selfoon nodig nie. Nadat ek in 2000 die keuse gedoen het om Internet aan te skaf en skottel TV totsiens te sê was ek nog nooit spyt nie. Koste gewys bly die Internet die wenner. Ek kon nie albei bekostig nie en buitendien hou ek van inligting en feite versamel en skottel TV het laaste gekom.
Dit het ook sy nadele deurdat sosiale media en aanlyn speletjies baie se lewens oorheers en mense weghou van ander.
Ek is nie baie lief vir sosiale media nie en hou meer daarvan om webtuistes te besoek en op epos lyste in te teken wanneer ek aanlyn is. Die ou dae van Internet was lekker aanlyn kuier tye en mense was nie so bitsig met mekaar soos nou nie. Ek hou ook nie daarvan dat jong kinders so verslaaf is aan die speletjies aanlyn nie. Een van die beste webtuistes wat in die beginjare geskep is was Mieliestronk in Afrikaans en alhoewel dit nie meer bygewerk word nie is die inligting daarop tydloos en uiters waardevol.
Terwyl video winkels wêreldwyd iets van die verlede is floreer boekwinkels steeds
Nuwe en tweedehandse boekwinkels het die koms van die Internet oorleef alhoewel fisiese tydskrifte en koerante ’n knou gekry het. Tog geniet ek Netwerk24 en Maroela media en ook News24 en Daily Maverick se aanlyn leesstof. Die Internet het ’n regmatige plek in die hedendaagse samelewing. Niks kom egter naby ’n fisiese boek in die winter son nie. Ek maak maklik my rekenaar toe en haal ’n boek uit die boekrak.
YouTube is een van die dinge wat ek die meeste op die Internet benut.
Ek gebruik dit om Doen dit self projekte aan te leer, skrywers en boeke te geniet, resepte te kry en op datum te bly met internasionale gebeure. Musiek en ou televisie reekse en advertensies is ook redelik vrylik beskikbaar op YouTube. Natuurlik leer ek ook die moets en moenies van tuinmaak op die platform. Wat ’n lekkerte!
Viva Internet
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you