Parkrun doelwit bereik

0
(0)

Doelwitte kom en gaan meeste van die tyd maar in 2019 het ek besluit om vir myself definitiewe doelwitte te stel en seker te maak dat ek hulle bereik. Ek het my Parkrun doelwit bereik hierdie week.

amanda parkrun suid afrika

PARKRUN

Parkrun is gratis beskikbaar vir enige mens en selfs honde – natuurlik aan ‘n leiband. Die roete is gewoonlik deur ‘n park,woud of strand en strek oor 5 kilometer. My plaaslike roete is pragtig in die hart van die tuinroete en deur ‘n asemrowende woud. Ons hardloop en stap oor boomstompe, stroompies, opdraendes en afdraendes terwyl die bome en pragtige natuurskoon ons toevou.

Ek het in Julie 2017 by die Parkrun gemeenskap aangesluit en geniet elke keer selfs al is ek nie altyd lus daarvoor nie. Parkrun groei op ‘n mens.

KOMPETISIE

Parkrun hou rekord van almal wat deelneem en dit help om jou vordering dop te hou. Daar is wel aansporings soos T hemde vir 50,100,250 en 500 wedlope voltooi. Elkeen is in kompetisie met hom of haarself en vir my is dit lekker om my tyd te probeer verbeter en te werk na die bogenoemde mylpale.

DOEL BEREIK

Op Saterdag 9 November 2019 het ek die veelbesproke eerste mylpaal van 50 voltooide wedlope bereik en sodoende lid van die Parkrun50 klub geword. Ek het my doelwit bereik alhoewel ek dit eintlik al lankal kon gedoen het, maar soms druk ek die wekker dood… Oops!

GOED VOEL

Vir my gaan dit nie oor wen of verloor nie maar oor deelname. Ek is slegs in kompetisie met myself en met niemand anders nie. Elke keer wat ek die 5 km wedloop voltooi is ‘n veer in my hoed en na 50 wedlope het ek nou 250 km kafgedraf. Whoopy!

Dit laat mens goed voel oor jouself waneer jy iets al is dit hoe klein voltooi of bereik het. Geen materiële goeters kom eers naby daardie warm om die hart gevoel nie. Jy is in beheer van jou lewe en dit voel goed waneer jy iets vir jouself suksesvol gedoen het.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading