Ou Suid Afrikaanse advertensies

 ou Suid Afrikaanse advertensies

Ou Suid Afrikaanse advertensies wat ons onthou uit die Televisie dae. Daar was ‘n hele klomp sulke onthou advertensies. Suid Afrika het mense met talent wat advertensies maak vir Televisie gehore wat ons laat lag en selfs meevoer.

Ou Suid Afrikaanse Advertensies wat ons laat lag het

Castrol olie

Wie sou nou kon dink dat ‘n olie advertensie so vermaaklik kan wees? Ian Roberts weet net hoe.

Cremora

It’s not inside it’s on top!

Volkswagen mini bus

David Kramer wat in sy kragtige mini bus rondjaag en grappig sing. Daar is verskeie volkswagen advertensies gemaak met David as die ster.

Sasol glug glug

Oupa en Ouma met hulle kleinding en sy eerste woorde. Kostelik

Plascon

Ek moes na my ma geluister het

Nando’s se Diktators

Hierdie advertensie het baie mense omgekrap aan beide kante van die spektrum. Nando’s se span is uiters kreatief. Hulle advertensies is tog te snaaks.

Cadbury

Hulle het vele goeie sjokolade advertensies gemaak. Daar was die glas en ‘n half ene en hierdie Cadbury Lunchbar toutrek ene.

Advertensies wat ons meegevoer het

Volksie

Hierdie advertensie het ons deur die 70’s en die hippies gevat met ‘n volksie as hoof karakter bedek met geverfde blomme tot waar Pa die motor vir sy seun gee.

IBM – he aren’t heavy, he’s my brother

Twee olifante in die woestyn en die groot ene help die kleintjie. Die musiek wat daarmee saam gaan is so mooi

Castle Lager

Die advertensie so eg Suid Afrikaans – braai, sport en vriendskap. Lekker man lekker

Ponado stroop

Want ek is ‘n kinders. Dierbaarheid op note

Rice Crispies

Snack crackle pop en vrolike kinders om die ontbyt tafel

Steeds maak Suid Afrika goeie advertensies. Soos Hierdie ene van King Price wat tydens COVID gemaak is. Vir ‘n oomblik kon ons almal van die ellendes vergeet en net lekker saam lag.

4 Comments

  1. Una se gedagtes

    19 April 2022 at 6:41 am

    Hoe lekker het jy my nou teruggevoer, Amanda!

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      19 April 2022 at 9:30 pm

      Dis die lekker van ons land.

  2. scrapydo2.wordpress.com

    18 April 2022 at 10:39 pm

    Dis nou lekker onthou hierdie. Sien hul nog duidelik voor my.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.