Naguil koerant uitgawe 10 van 2022

naguil koerant uitgawe 10 van 2022

Naguil koerant uitgawe 10 van 2022 word nou afgelewer.

Die Naguil is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op Amandaskrywer gepubliseer word met Bertie die Naguil as gasheer . Die koerant laat jou weet van stories oor mense en boeke. Reageer op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike.

Bertie aan die beurt

Welkom by die 10de uitgawe van ons Naguil koerant vir hierdie jaar.Soos gewoonlik is daar iets vir elkeen van julle.

Skrywers en Boeke

  • Die wet van Gauteng is die nuutste boek van Hannes Barnard. Dit is ‘n misdaad fiksie wat in Gauteng afspeel met vele kleurvolle karakters onder andere ‘n skerpskutter.
  • My hart is oppi plaas is ‘n inkleurboek geskep deur Wendy Maartens. Saam met die prettige illustrasies leer die jongspan van idiome, gesegdes en feite van plaasdiere.

Stories oor plekke en sy mense

  • Hannon die Glam Guru gesels met Naomi Meyer oor die nuwe seisoen van sy baie gewilde mooimaak reeks. Hy gee ook wenke oor hoe elkeen van ons die beste kan maak met wat ons het om mooi te lyk.
  • Danolene van Kaapstad het die nood in haar omgewing raakgesien en ‘n luukse hotel genader vir die lakens wat hulle nie meer gebruik nie. Nou maak sy skoolhemde daaruit vir die arm kinders.

Stof tot nadenke

maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. FILIPPENSE 2:7-8 (AFR83)

Engelse stories van Let’s make tea

Open letter to Ukraine – showing support to the people of a Country in pain
Just a number – Likes and follows is just a number on social media posts or is it important?
Books I like to read – Die verskillende tipes boeke waarvan ek hou
Tips to stay positive – Dis moeilik om positief te bly in ‘n negatiewe wêreld
5 Ways to survive without social media – Dit is moontlik om sonder sosiale media te leef
Being Grandma to a boy – Na my eie 2 dogters het ek ‘n kleinseun ryker geword

Roep,roep my storie is uit

Dankie vir die saam kuier. Tot volgende keer. Mooi loop
Groetnis vanuit die woud
Bertie
xxx
P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.