Naguil koerant uitgawe 12 van 2021

Naguil koerant uitgawe 12 van 2021

Welkom by Die naguil koerant uitgawe 12 van 2021. Aangebied deur ons gunsteling naguil Bertie op die tak op die boom vanuit die woud.

Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaalmuur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Die hele idee van die Naguil is dat ons dinge deel wat mens nie sommer alledaags op ‘n webblad vind nie.

Skrywer sêgoed

Hierdie week val die kollig op Marié Heese

  • “As jy die skrywersgeen het, is daar nie uitkomkans nie. Jy skryf jou lewe lank. Al publiseer jy nie noodwendig nie.”
  • “As skrywer het my ma my laat verstaan hoe belangrik selfkritiek is, hoe hard ’n goeie skrywer aan sy ambag moet leer.” (Volksblad, 10 September 2009)
  • “Ek is nie iemand wat op inspirasie wag nie. Ek werk vir ‘iets’ aan die einde van my dag. Skryfwerk is vir my diep bevredigend, byna terapeuties.”

Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense

  • Verhale van hoop deur Pieter van Zyl is ‘n siels boek. Soveel mense sukkel met die stryd in hulle kop. Hierdie boek wil hoop gee. Lees dit gerus.
  • The first lady of Springbok rugby vertel die ware verhaal van die publisiteit beampte Annelee Murray en haar avonture saam met die Suid Afrikaanse rugby span.

Stories oor plekke en sy mense

In die klein dorpie Ashton staan ‘n meesterstuk: ‘n Boog brug wat onlangs geopen is nadat dit 6 jaar geneem het om te bou. Na voltooiing is dit soos ‘n legkaart aanmekaar gesit. Kyk en geniet hoe hierdie brug sy permanente huis intrek.

Roep,roep my storie is uit

Ek hoop julle het hierdie week se bydrae geniet. Mooi loop mens maats

Groetnis uit die woud
Bertie

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels. Rig julle skrywes aan Bertie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.