Kinders wat te gou wil groot word

0
(0)
Kinders wat te gou wil groot word

Kinders wat te gou wil groot word is ‘n bekommernis vir ouers en die gemeenskap. Hulle dink hulle is gereed vir die grootmens wêreld.

Hoe lank is ‘n kind ‘n kind

Dis ‘n vraag wat ek myself dikwels afvra wanneer ek kinders van so jonk as 12 sien wat hand om die lyf loop met hulle vaste kêrel of meisie. Ek het op daardie ouderdom nog pop gespeel en nie baie van seuns gehou nie. Watter kind is op 12 jaar volwasse genoeg om ‘n volwasse verhouding te hanteer? Wat het geword van maats wees met mekaar sonder al die volwasse dinge? Kinders wat te gou wil groot word, kan mos nie gesonde verhoudings vorentoe hê nie. Vroeg ryp, vroeg vrot het die oumense mos graag gesê. Of is dit ‘n goeie ding vir die kinders om vroeg al te eksperimenteer?

Tye het verander

So moet ons heeltyd hoor en lees. Selfone. Internet. Selfies. Kinders wat soos grootmense probeer optree. Sommige dinge verander nooit nie. Goeie maniere. Gesonde higiëne. Goeie en gesonde mense verhoudings. Familie verhoudings. Kaas en tamatie toebroodjies. Hoe sal dit werk as ons nie meer aandag aan bogenoemde gee nie. Nuwe rigting wysers tot die volgende generasie oorneem.

In my grootword tyd

Dit lyk of elke generasie met dieselfde vrese en bekommernis sukkel. Wel soort van. My Ma het vertel hoe haar Ma hulle verbied het om na Hasie hoekom is jou stert so kort en Tom Dooley te luister. Duiwelsgoed. Dit besoedel die kinders se breine. Hulle mag ook nie kaart gespeel het nie. Uit die bose. In my tiener jare was dit dood sonde om te dans. Jy mag ook nie langs ‘n outjie gesit het nie. Netnou raak jy in die ander tyd. Wat ‘n skande! Geen grimering voor matriek nie. Vroeg ryp, vroeg vrot.

Reg of verkeerd of tussen in

Hoe voel jy oor die onderwerp? Jou mening maak saak. Deel dit met ons.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading