Naguil koerant uitgawe 10 van 2021

naguil koerant uitgawe 10 van 2021

Welkom by Die naguil uitgawe 10 van 2021. Aangebied deur ons gunsteling naguil Bertie op die tak op die boom vanuit die woud.

Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaalmuur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Die hele idee van die Naguil is dat ons dinge deel wat mens nie sommer alledaags op ‘n webblad vind nie. Welkom by ons 10de Naguil koerant van die jaar.

Skrywer sêgoed

“Ongeag ’n mens se ouderdom is dit fantasties om anders na die wêreld te kyk. Met elke boek wat ’n mens lees, word jou wêreld groter.” (Volksblad, 14 November 2011) – Jaco Jacobs

“Ek het geen begeerte om ’n volwasse roman te skryf nie. Die kinder- en jeugmark is baie opwindender. Die stories beweeg vinnig, dis snaaks en die voorblaaie is mooi. Die tienermark kry ook die afgelope tyd oor die wêreld heen die meeste aandag. Dink net aan die tienerflieks en debatte oor tieners en hul leesstof.” (Volksblad, 2 Julie 2014) – Jaco Jacobs

Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense

Goed beter Betsie deur Elize Labuschagne Hull is ‘n boek oor haar lewe as fotograaf. Die omslag van die boek is besonders. Dit wys Elize agter die kamera se lens met haar rooi krullebol. Voor op die lens is ‘n foto van ‘n jong Elize.

Stories oor plekke en sy mense

  • Vir alle opkomende skrywers. Hier kom ‘n ding. Marita van der Vyver bied ‘n 3 dag skryf kursus aan. Dit word aanlyn aangebied en kos R750 per persoon.
  • ‘n Bovril en kaasrol is op die spyskaart hierdie naweek.
  • In Tokio is ‘n buurtwag hond wat in beheer is. Hy is egter nie jou tipiese patrollie hond nie

Het jy geweet

Die Afrikaners en die Russe het ‘n vriendskap wat al van die Boere oorlog dateer. Vreemd maar waar

Roep,roep my storie is uit

Dankie vir die saam kuier mense maats. Dis altyd lekker om saam met julle te kuier. Tot volgende keer vriende.

Groetnis uit die woud
Bertie

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.