Amandaskrywer nuusbrief uitgawe 9 van 2021
Amanda verwelkom jou
‘n Hartlike welkom aan elkeen van julle. Amandaskrywer nuusbrief uitgawe 9 van 2021 beskikbaar op die webblad vir al die lesers. Die groot wag is verby. Vir julle om te geniet.
Nuutste inskrywing
Loop die pad saam met my met my nuutste plasing ‘n Dag in my lewe. Sekerlik nie so opwindend soos die bekendes nie tog vir my belangrik.
Webblad
- Ek is besig om tags by elke plasing aan te bring
- Alle inskrywings is op datum gebring
- Verskeie skakels wat nie gewerk het nie is herstel
Die Naguil roep
Die naguil mini koerant verskyn elke Woensdag met Bertie aan die stuur van sake. Die Naguil mini koerant bevat talle skakels na artikels/video’s en musiek wat julle die lesers se aandag sal prikkel. Bertie werk hard om vir sy lesers stories te bring wat in ‘n wye smaak val.
Onthou
COVID 19 is steeds met ons. Ons durf nie ons waaksaamheid verslap nie. Inenting teen die virus blyk ‘n sensitiewe kwessie te wees. Ek het myself laat inent en my opinie is dat daar meer wetenskaplike bewyse is dat die inenting keer dat mens dodelik siek word van die virus as wat die inenting mense soos vlieë laat doodgaan. Ek glo nie aan al hierdie “conspiracy” stories wat die rondtes doen nie. Elkeen is geregtig op sy eie opinie.
Engelse Webblad
Let’s make tea is my ander webblad in Engels. Besoek dit gerus vir die nuutste artikels. Let’s make tea is ‘n webblad waar oor alledaagse dinge gesels word asook dinge van Internasionale belang. In teenstelling daarmee is Amandaskrywer gemik op Afrikaans sprekendes en Suid Afrikaanse belange. Hierdie week se plasing Unethical people can destroy you and your business neem die leser deur hierdie verwoestende pad van vernietiging.
Groete uit die Tuinroete.
Mag al jou drome waar word en jou drake verslaan word. Tot volgende keer.
Amanda
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you