Naguil koerant 1 van 2024
Dankie, vir julle ondersteuning in 2023. Elke boodskap: privaat en ook op die webblad word opreg waardeer. Soms wonder ’n skrywer of mense nog belangstel en dan op ’n dag beland kry jy ’n briefie wat jou bedank vir jou skryfwerk en sê wat dit vir hom of haar beteken. Dankie, julle boodskappe laat my hart warm klop.
Die eerste maand van die jaar is al klaar weer oor die helfte en die kinders en kleinkinders weer volstoom aan die gang met skool en sport en ek is weer terug by die huis na ’n anderste Kersfees en weer aan die skryf.
Hoop julle is uitgerus na die Kerstyd en dat 2024 vir almal ’n goeie jaar sal wees.
Ons het Susan Coetzer leer ken as ’n aktrise waarvoor sy verskeie pryse gewen het. Sy is egter ook ’n skrywer van veral Christelike boeke. Haar eerste boek Sonneblomme en Daisies is opgevolg deur onder andere Custard vir die Siel, Koeke en Terte en Lisa se dagboek. Susan het ’n seun Frankie en is sedert 2012 enkellopend en gelukkig.
“Moenie dat haar gebrek aan vriendelikheid jou aandag aftrek nie, sê Selma vir haarself. Dink wat ’n positiewe verskil dit op hierdie aarde sal maak as almal dit sou doen. Sou die wêreld ’n beter plek wees as almal vir mekaar glimlag of as almal vir mekaar frons?” ― Susan Coetzer, Selma en Louise
- Afrifiksie – vir skrywers van wetenskap fiksie
- Vryskutskrywer – hulp vir opkomende en gevestigde skrywers
- Litnet – artikels, skryf hulp
- Skryfgeheime – skryf kursusse
- ANFASA – Ondersteuning nie fiksie
- Versindaba – Ondersteuning vir digters
- ROSA – roman skrywers SA
- Afrifiksie – wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans
- Publishers Association of South Africa PASA
- Self publish SA – self publikasie
Sela boeke – hulp en ondersteuning self publikasie
Groep7 drukkers – self publikasie
NS. Skrywershuis – self publikasie - Celia van Niekerk – illustreerder
Dianne Shearer – kinder boeke illustreerder
Pampoen van Steve Hofmeyr bly een van die mooiste Afrikaanse liedjies en die musiek video maak dit ekstra spesiaal. Geniet!
Die Japanese is bekend vir hulle netheid en goeie maniere en natuurlik staan Japan bekend as die land waar alles werk. In hierdie video deel Samurai Matcha 8 wenke wat jou leefwyse kan verbeter.
Teddy is a Golden Retriever. He and his owner Johnathan are best buddies going on many adventures. Teddy has his own day Teddy Tuesday when he gets spoiled rotten and he have his own adorable house. I watch their video’s almost daily maybe because I do not have animals of my own anymore. Their video’s will put a smile on your face.
Lag lekker saam vir hierdie grapjas babas wat so lekker kraai van die lag.
- Tydens die COVID pandemie was baie mense werkloos en in ellende. Daar was egter ook diegene wat geleenthede raakgesien en benut het soos hierdie egpaar wat ’n winkel begin het waar jy jou eie houers bring. Die rys ens. word dan afgeweeg en in jou houer gegooi. Geen plastiek verpakking nie. Baie soos in die ou dae.
- In die duurste hotelkamer ter wêreld pryk die kunswerk van ’n Suid-Afrikaner. Caroline Jordaan se meesterstuk is te sien in Royal Mansion in Dubai. Trots Suid Afrikaans
- Elanie Bield is ’n kinderboek illustreerder. Haar eerste boek is deur LAPA uitgegee toe sy 18 jaar oud was. Talle boeke het hierna gevolg. Sy doen ook werk vir privaat kliënte.
- ’n Skelm met ’n gewete het ’n gebuite standbeeld van ’n hoenderhaan terug besorg na 25 jaar.
Besoek Kosreise vir Resepte, Kos en trein stories
Anton F Prinsloo staan as die taal man bekend en in die boek Die Aap in Jou Koffie – Afrikaanse Eponieme Van A Tot Z beantwoord hy tergende vrae soos: Het jy geweet dat as jy cappuccino drink, daar ‘n aap in jou koffie is? Waarom staan ‘n mens se strottehoof bekend as ‘n adamsappel? Die boek is leersaam en gevul met humor. Die boek het in 2011 verskyn en was ’n groot verkoper. Anton is in 2016 oorlede. Sy taalboeke is egter steeds beskikbaar en gesog onder lesers.
Hierdie maand se nuwe boek is ’n “murder mistery” boek: Murdle volume 1 geskryf deur G.T Karber. Dit is nie jou gewone lees boek nie eerder ’n lekker ontspanning boek met misdade wat jy moet oplos. Ek het die boek vir Kersfees gekry en geniet dit terdeë. Daar is 100 misdade wat opgelos moet word. Dis omtrent soos die bordspeletjie Cluedo – net meer ingewikkelder. Mnr. Karber is ’n prokureur en die seun van ’n regter. Hy reël “murder mistery” aande en het ’n interaktiewe webblad waar jy ook aanlyn misdade kan oplos saam met ander entoesiaste.
1 KORINTIËRS 3:7 AFR83
Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.
’n Dame van 82 het vir 52 weke tydens die pandemie die kerk aanlyn bygewoon met ’n hoed op haar kop. Elegant geklee en ’n ware inspirasie. Die hoede staan behoorlik uit. Te mooi!
Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat weekliks op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you