Dis ‘n anderste Kersfees

0
(0)

Dis ’n anderste Kersfees hierdie jaar.

Ek en my Ma vier Kersfees op die plaas wat haar tuiste is vir die afgelope jaar en 2 maande. My oudste suster en haar familie is met vakansie by die see vir 30 dae so ek kyk na my Ma in hierdie tyd. Ouma het ’n katjie Sarah wat haar hele lewe is en Sarah drentel orals saam met ons. Hierdie tyd van die jaar is die plaas rustig na die besige oestyd en ek sit en skryf op die stoep wat uitkyk op die pragtige Overberge.

Die trifle is gemaak in my Ma se bak

Ek dink met Nostalgie terug aan Kersfees in my kinderjare.

My Ma het baie moeite gedoen met Kersfees – tafels vol kos: skaapboud, gebraaide aartappels, hoender, tong en trifle. Die huis en tafel was altyd mooi versier met ’n spesiale uitbeelding van die geboorte van Jesus. Oukersaand het ons kinders die geboorte van Jesus opgevoer en almal het halleluja liedjies gesing.

Dan het ons geskenke oopgemaak – vreugde in die pakkie se inhoud en die kleurvolle kers papier.

Daardie jare  het daar Kerssangers van straat tot straat geloop. Die mooiste Kersliedere gesing. Die sangers was afkomstig van die klein kleurling gemeenskap net buitekant Oudtshoorn. Deur die jaar was hulle gewone werkers en Oukersaand ’n kers koor met engele stemme wat Jesus vereer. Kersoggend is ons kerk toe en daarna aangesit vir nog lekker eet.

Dis ’n anderste Kersfees hierdie jaar

My Ma is nou 86 jaar oud en bly by my sus op die plaas. Sy kan nie meer na haarself omsien nie en Kersetes kan sy nie meer kook nie. Hierdie jaar kyk ek na haar oor Kersfees en het ek probeer om van die Kersfees nostalgie af te stof en te herleef. Dit was net ek en Ma hierdie jaar en tog was die Kersvreugde steeds daar. Ons het saam kerk geluister op die radio en na my en my susters se kleinkinders se Kers video’s gekyk en mekaar se tafels bewonder. Kersfees kom net een keer ’n jaar

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

2 Comments

  1. Chrisna Lemmer

    31 December 2023 at 10:27 am

    Wat ‘n voorreg om jou moeder te kan bederf.

    1. Amandaskrywer

      17 January 2024 at 6:00 pm

      Beslis ja. ‘n Jaar gelede het sy by die dood omgedraai en in 2023 het ek en sy saam Kersfees gevier. ‘n Wonderwerk!

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading