‘n Dag in my lewe

'n dag in my lewe

‘n Dag in my lewe as Skrywer, Ouma, tuinier, leser en kunstenaar is dalk nie so opwindend soos die van glanspersoonlikhede nie en tog verruil ek dit vir niks nie.

Die vyftigs

Ek was ‘n verskrikte onseker mens in my 20’s, ‘n gestresde band enkel Ma in my 30’s en 40’s en ‘n ontspanne, gelukkige, dapper vrou in my 50’s (steeds daar). My kinders is uit die huis en onafhanklik, my huis is my toevlug en vreugde en my kleinkinders my hart se punt.

So begin my dag

My wekker gaan in die somer 6.30 vm af en in die winter om 07.00 vm. Oggend tee word in die bed gedrink terwyl ek oggend godsdiens doen. Daarna staan ek op, maak my bed op, borsel tande en gaan stap met my hond. Hierna drink ek ‘n groot beker koffie en eet ontbyt. Gereed om my dag aan te pak.

‘n Dag in my lewe as skrywer

Skryftyd in die somer en winter verskil van mekaar. In die winter is dit koud soggens en maak ek myself in die sitkamer tuis. Knus in die flou winterson. Dan skryf ek so vir 2 ure na ontbyt voordat ek aangaan met my huis en tuin aktiwiteite. In die somer werk ek in die huis en tuin soggens en skryf in die middag in my koel kamer.

‘n Dag in my lewe as Ouma

My twee kleinkinders kom Maandae en Vrydae kuier in die oggende van 09.00 tot 13.00 en in hierdie tyd doen ek niks anders as om met hulle te gesels en speel nie. Ons bou lego’s, speel Barbie en Polisie en skelms en kort voor huis toe gaan tyd bou ons sandkastele in die plaaslike parkie en klim en klouter die kleintjies sonder om moeg te word.

‘n Dag in my lewe as tuinier

Afhangende of dit somer of winter is werk ek gemiddeld 2 ure elke dag in my tuin. Soms is dit onkruid uittrek, plante natmaak , tuin mooi maak. Dan het ek ook begin om potte te maak uit sement en hypertufa. Dis tone krul lekker om van begin tot einde ‘n pot te maak. Indien dit sou reën of die wind storm sterkte waai bly ek egter binnehuis en maak huis skoon, skryf of doen kuns.

Kuns en Lees

Sondae is rusdag en na die kerkdiens op die radio lees ek graag ‘n boek, artikels op die Internet of ons plaaslike koerant. Kuns word beoefen wanneer die behoefte by my op kom en kan skielik op ‘n Saterdag middag gebeur.

Voordat COVID ons lewens oorheers het, was Saterdae Parkrun dag. Nou voel dit soos eeue gelede. Vertel bietjie hoe julle dae verloop. Gesels saam.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.