Die Naguil mini koerant uitgawe 9

die naguil mini koerant

Welkom by Die naguil mini koerant uitgawe 9 van 2021. Aangebied deur Bertie.

Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaalmuur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Die hele idee van die Naguil is dat ons dinge deel wat mens nie sommer alledaags op ‘n webblad vind nie. Welkom by ons 9de Naguil koerant van die jaar.

Skrywer sêgoed

“Wat maak dit saak dat die drome van ’n verbeeldingvolle kind op onkunde en egoïsme berus, dat hy ’n paar jaar later self spottend moet glimlag as hy aan hulle terugdink? Sy drome (soos dié van almal) bly die stempel en sleutel van sy lot: al word hulle nie in ’n enkele opsig letterlik bewaarheid nie, bepaal hulle, meer as enige uiterlike omstandigheid, sy latere lewensgang.” (Herinnering se wei, 22) Elisabeth Eybers

Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense

Almal se gewildste Ouma Julia Albu wie se omswerwinge in haar 80’s met haar Toyota Conquest mense se aandag getrek het, is onlangs oorlede. Sy het ‘n boek oor haar avonture geskryf. Beslis die moeite werd om te lees.

Stories oor plekke en sy mense

Die Atterbury teater het ‘n slim plan gemaak om inkomste te genereer in die inperking. Terwyl daar nie vertonings gehou kan word nie word die teater gebruik vir kuns uitstallings. Bravo!

‘n Oerangoetang in Indonesië het presies geweet wat om met ‘n sonbril te doen nadat ‘n toeris dit in sy kampie laat val het. Kyk die video en geniet dit.

Pittige Kommentaar

Met die onlangse omstredenheid rondom Rassie Erasmus het ‘n artikel by name Sir Clive steeds ongelukkig oor Rassie die kommentaar van ene Frank ontketen: Wat ‘n klomp woozies hierdie Ingelse.

Het jy geweet

Daar is ‘n kuierplek op die Internet vir Afrikaanssprekendes genaamd Gesellig. Kuier saam.

Webtuistes om te besoek

Tiny Budhahttps://tinybuddha.com/ is ‘n webblad met opbouende positiewe artikels wat jou warm om die hart sal laat voel

Vloekhttps://vloek.co.za/oor-ons is ‘n webblad wat handel oor vloek woorde in Afrikaans. Nie vir sensitiewe lesers nie.

Roep,roep my storie is uit

Dankie vir die saam kuier. Ons hoop julle het dit soveel geniet soos ons wat dit bymekaar gesit het. Tot volgende keer vriende.

Groetnis
Bertie en Amanda

P.S. Julle is welkom om julle bydraes van mense, plekke in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.