Corona virus klap Suid Afrika

Corona virus klap Suid Afrika

CORONA VIRUS KLAP SUID AFRIKA ONDERSTEBO

Wel, dit was net ‘n kwessie van tyd voordat daai virus ook hier aanland en toe gebeur dit dan ook op 15 Maart 2020. Die Suid Afrikaanse Regering het vinnig opgetree om die gevreesde COVID 19 (corona) virus hok te slaan en verskeie maatreëls is aangekondig om die virus se verspreiding te beheer.

Regdeur die Coronavirus tyd hou ek dagboek. Lees hoe ek dit hanteer.

DIS ALMAL SE PROBLEEM

Hierdie is nie ‘n China probleem en virus nie maar ‘n wêreldwye krisis en nou is nie die tyd om die blaam te plaas nie. Elke land is verantwoordelik vir sy eie mense se gesondheid en beveiliging. Ons lewe vandag in ‘n multi kulturele en bewegende wêreld met mense van verskillende lande, kulture, nasies regoor die wêreld versprei. Dis duidelik aan die amptelike statistieke dat mense gedurig aan die beweeg is oor wêreld grense en juis daarom kan enige virus in enige land ontstaan en versprei.

Op my Engelse blad gesels ek meer oor Corona

CHINA SE WEN PLAN

China se eerste geval is op 31 Desember 2019 aangeteken en op 18 Maart 2020 het hulle die eerste dag van geen nuwe gevalle binne China gerapporteer. Die oomblik toe China bewus word van die krisis, het hulle die onmoontlike gedoen en reggekry deur meer as ‘n biljoen mense in huis kwarantyn te plaas. Dit het die wêreld ontstel en die Chinese regering is daarvan beskuldig dat hulle drakonies en onmenslik opgetree het. Minder as 3 maande later is die drastiese besluit geprys deur die WHO (World health Organisation). China se inperking van hulle mense het duisende mense se lewens gespaar en tot dusver die infeksies in China beperk tot net oor die 80 000.

ISSOLASIE EN SOSIALE VERWYDERING

Na aanleiding van China se sukses, is dit die beste manier om verdere kontaminasie te keer. Sommige mense stuur hulle nie aan die gevaarlike virus nie en weier om in Suid Afrika en dele van die wêreld saam te werk. Dis nie nou die tyd om halstarrig te wees nie. Hierdie krisis kan net afgeweer word indien almal hulle volle samewerking gee.

DIE NATUUR SE LES

Elke 100 jaar of so gryp die natuur in om die mensdom weer tot hulle sinne te ruk. Ons kry nou weereens ‘n kans om dinge reg te doen, na die planeet om te sien, nie so geldgierig te wees nie en met morele waardes en standaarde saam te leef.

FOP NUUS

Fop nuus en skelmstreke rakende die Corona virus is orals en ons moet versigtig wees en nie sommer enige ding glo en aanstuur nie. Daar is ‘n klompie gesaghebbende webblaaie wat nie fop nuus versprei nie.

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: