My buurvrou doen ekstreme sport

0
(0)
My buurvrou doen ekstreme sport

My buurvrou doen ekstreme sport sommer so by haar huis vir almal om te sien. Ek is seker sy kwalifiseer vir die volgende Olimpiese spele.

Nie die vrou op die illustrasie

Moenie dat die prentjie op die blad jou flous nie. Dit is nie my beroemde of berugte buurvrou nie. Nee, sy is ‘n klein ouer bondel dinamiet aan die verkeerde kant van sestig met hakskoene wat so klieke die klak terwyl sy in haar erf beweeg. Haar kleredrag is alles behalwe sportief. Sy lyk elke dag of sy op die mode blaaie hoort en dit terwyl sy haar eksteme sport beoefen.

Nie ‘n olimpies sport nie

Ongelukkig word my buurvrou se ekstreme sport nie erken as ‘n olimpiese sport nie. Wel nog nie. Dis ekstreme, gevaarlik en lei tot frustrasie vir haar direkte buurvrou met name ekke. Dis ook ietwat bewonderingswaardig.

My buurvrou doen ekstreme sport

Tromrol asseblief! En die wenner is my buurvrou. Sy staan beslis uit bo die res. Ek sal julle nie langer aan ‘n lyntjie hou nie. My buurvrou se ekstreme sport waarin sy ‘n spesialis is, is Dak klim Ja jy het reggehoor, sy klim op haar dak soos ander mense berg klim. Sonder ‘n harnas. Met haar hakskoene en mode klere. Haar dak is of baie stukkend en lek soos ‘n sif of dalk…

Ek het iets op die hart

Ek het dit nog nooit weggesteek dat ek hou van my privaatheid en die wonderlikste klank: stilte. En dit is waar buurvrou se dak klimmery ‘n pyn in my watsenaam veroorsaak. My skuifdeur is aan dieselfde kant as haar agterdeur en elke keer wat sy op die dak klim werk sy aan hierdie kant van die dak. Wat sy op die dak doen is ‘n ope vraag. Die dak klimmery is ten minste maandeliks. Dit kan meer wees.

Dit is nie al nie

Die dak klimmery is net een van die dinge waarmee sy haarself besig hou. Soms word ek wakker met haar wat die plante aan haar kant van die heining knip teenaan ons skeidingsmuur terwyl sy op ‘n leer staan. Nou die oggend maak ek my kamer vensters oop en kyk vas in haar wat die houthuisie se dak was. Op ‘n leer. Ses uur in die oggend.

Mure het ore

Buurvrou ken elke mens in die straat en het al laat blyk dat haar kombuis venster vir haar ‘n uitkyk toring is. Sy weet alles van almal af. Waar was sy toe daar onlangs by my ingebreek is? Wonder maar net.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading