Nooit te oud nie

0
(0)

Jy is nooit te oud om oor te begin nie

Ek kyk gewoonlik Expresso morning show in die oggende terwyl ek klaar maak om my dag te begin. Ek is baie geseënd om van die huis af te kan werk en dus fleksie tyd tot my beskikking te hê.

Lees, skryf, navorsing, kruie en kos maak is van die dinge wat ek geniet om te doen en stories wat inspireer en kuns in verskillende vorms. Ek het vroeër hierdie jaar self ‘n kunsklas bygewoon.

nooit te oud nie

Joseph Buys

Tydens die Expresso show was daar ‘n segment oor Joseph Buys ‘n skilder, kunstenaar, beeldbouer en sy storie het my aangegryp. Hy was 41 jaar lank in die tronk in Pollsmoor en daar het ‘n vrou sy kuns talent raakgesien. Avital Lang is die eienaar van ‘n kuns gallery en sy het vrywilligers werk by Pollsmoor gedoen.

Nadat Joseph sy vonnis uitgedien het, het Avital hom onder haar vlerk geneem. Joseph skilder self portrette van homself natuurlik en dis ongelooflik. Hy het vanoggend op Expresso gesê dat hy wens hy het beter keuses vroeër in die lewe gemaak en eerder op kuns as misdaad gefokus.

Hy is egter vasbeslote om hierdie tweede kans wat hy in die lewe gekry het ten volle te gebruik. Sy kuns kom nou eerste. In sy eie woorde:

“I am over the moon. I have nothing, but this God-given talent, so I cannot afford to fail.”

Daar is geen twyfel dat hierdie man oor enorme talent beskik nie.Sy rede vir self portrette is volgens hom omdat hy homself finaal gevind het. Hy het uiteindellik vrede gemaak met hoe hy lyk.

Nooit te laat nie

Joseph het vanoggend net weer vir my bevestig dat dit nooit te laat is om weer te probeer, oor te begin en jouself te ontdek, lief te kry en jou waarheid te praat en te leef nie. Soms kom ‘n geleentheid na jou kant toe op ‘n tyd wat jy dit nie verwag nie en dit hang van jouself af of jy die geleentheid gaan benut of nie.

Sterkte Joseph ek staan bankvas agter jou en dankie vir die besonderse les vanoggend.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading