Kos ikoon SJA de Villiers
Kos ikoon SJA de Villiers lui dalk nie ’n klokkie nie. So wat van Kook en Geniet? Sy was die skrywer van die kookboek wat meeste van ons in ons huise het. Dit was die enigste resepteboek waaruit my Ma gebak en gekook het en elkeen van ons het ons eie Kook en Geniet op ons troudag as geskenk ontvang.
SJA de Villiers
Amerika het Julia Child gehad en Suid-Afrika SJA de Villiers. Stoffelina Johanna Adriana De Villiers ’n Huishoudkunde onderwyseres van beroep wou haar kennis met ander deel en het haar idee vir ’n kookboek aan uitgewers voorgelê in die laat 1940’s. Haar manuskripte is elke keer afgekeer en sy en haar man Japie het dus besluit om self die boek uit te gee (self publikasie). In 1951 het die heel eerste Kook en Geniet verskyn.
Kook en geniet was bykans dadelik ’n sukses
Dit was nie net die resepte wat aftrek gekry het nie. Dit was ook die raad en leiding soos bv. hoe om rys te kook. Die boek was veral ’n wenner onder jong meisies. Ina, soos sy algemeen bekend gestaan het en haar man het aangehou om Kook en Geniet self uit te gee. In 1961 het die Engelse weergawe Cook and Enjoy it verskyn. ’n Magdom briewe van Engelse aanhangers hwt gevra het vir ’n Engelse boek. Die Klein Kook en Geniet vir kinders het in 1981 die lig gesien. Tot op hede is meer as ’n miljoen boeke reeds verkoop. Dit maak die Kook en Geniet die gewildste kookboek van alle tye in Suid-Afrika maak.
In 1990 het Ina besluit om haar self publikasie besigheid toe te maak. Sy het die regte vir die publikasie van Kook en Geniet aan Human en Rousseau verkoop.
Wat die kookboek nog meer merkwaardig maak is dat hy nog nooit uit druk uit was nie. In 2009 het Human en Rousseau met die hulp van Eunice van der Berg ’n bygewerkte boek vrygestel. Eunice is die dogter van Ina. In die bygewerkte boek is resepte aangepas vir die mikrogolf.
mhb14451
26 March 2024 at 12:57 amWonderlik om te weet ander glo ook in die terapie en die ontwikkeling van die brein wat skryfwerk bied. Madeleine Louw Blignault
Amandaskrywer
3 April 2024 at 8:39 pmMadeleine so bly om te hoor jy benut ook die terapie wat skryf bring. Lekker skryf