Self publikasie

self publikasie

Self publikasie is eenvoudig gesproke die proses van publikasie sonder die hulp van die groot tradisionele publikasie huise.

Voordele van Tradisionele publikasie

  • Wanneer jou manuskrip gekies word vir publikasie gee dit aan jou ‘n kredietwaardigheid en status
  • Die publikasie huis hanteer alles namens die skrywer
  • Die bemarking word deur die publikasie huis hanteer.
  • Daar is ‘n hele groep mense wat saam met die skrywer werk om sy/haar manuskrip te publiseer.
  • Wanneer die skrywer se manuskrip aanvaar word vir publikasie is daar geen kostes vir die skrywer nie

Nadele van Tradisionele publikasie

  • Jy as skrywer het geen of min sê oor dinge soos die illustrasies en voorblad
  • Daar is baie potensiële skrywer en dis nie te sê jou manuskrip word aanvaar nie
  • Selfs al is die skryfwerk uitstekend, is sekere genres nie gewild onder publikasie huise nie.
  • Publikasie huise is ‘n besigheid en hulle kyk na manuskripte wat vir hulle gaan geld inbring
  • Tradisionele publiseerders werk op jaarlikse begrotings met beperkte jaarlikse publikasies

Self publikasie is nie minderwaardig nie. Ek het al boeke van bekende skrywers gelees wat afsteek by ‘n onbekende skrywer wat self publiseer.

Voordele van Self publikasie

  • Die skrywer is ten volle in beheer van elke deel van die publikasie proses
  • Hy of sy het die vryheid om manuskripte in enige genres te publiseer
  • Met self publikasie kan jy die boeke druk en herdruk op aanvraag
  • Daar is geen druk op die skrywer van groot publikasie huise nie.
  • Die skrywer kan nuwe boeke publiseer soos hy of sy wil

Nadele van Self publikasie

  • Die skrywer is self verantwoordelik vir die hele publikasie proses.
  • Bemarking sonder ‘n groot publikasie huis agter die skrywer is nie maklik nie
  • Daar is ‘n negatiewe stigma gekoppel aan self publikasie boeke en skrywers
  • Dit kos geld om self ‘n manuskrip te publiseer.
  • Dis moeiliker om jou boek in boekwinkels en biblioteke te kry.
  • Boek resensente is huiwerig om hulle reputasie op die spel te plaas met self publikasie boeke.

Is self publikasie die moeite werd?

Ja dit is. Byvoorbeeld: Jou lewensverhaal. Tradisionele publikasie huise gaan nie maklik iemand se lewensverhaal publiseer sonder dat iemand ‘n bekende figuur is nie.

Bronne vir self en tradisionele publikasie

  • Die Afrikaanse skryf gids geskryf deur Riana Scheepers
  • How to get published in South Africa deur Basil van Rooyen
  • You are a writer geskryf deur Jeff Goins

Webblaaie wat kan help

  • Jeff Goins is ‘n Amerikaanse skrywer wat self publiseer en ook ‘n tradisioneel gepubliseerde skrywer.
  • Alexandra Franzen is ‘n vryskut skrywer en self publiseerder.
  • Litnet se magdom artikels is ‘n skatkis van inligting

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.