Wanneer iemand jou nie wil hê

iemand wil jou nie hê nie

Iemand wil jou nie hê nie en jy is verpletter. Verwerp. Dit voel of jy nie kan asem haal nie.

Wat nou?

Verwerping strek ver. Dit kan man/vrou, meisie/kêrel, ouer/kind of werker/ bestuurder of selfs tussen vriende wees. Wat ook al die situasie, verwerping maak seer en raak alle aspekte van jou lewe asook jou liggaam.

Oprah se storie

Die bekende Oprah Winfrey het eendag op haar program vertel hoe sy verwerping ervaar het en hoe dit haar in ‘n toestand gehad het. Sy vertel hoe ‘n kêrel haar verlaat het vir ‘n ander vrou. Die dag toe hy sy goed kom haal het om die huis wat hulle gedeel het finaal te verlaat het Oprah plat op die maag gelê en die man aan die bene beetgekry. Sy het hom desperaat gesmeek om haar nie te los nie. Hy het hom losgewikkel en weggestap. Dit het vir haar gevoel of haar lewe net daar oor en verby was. Jare later kon sy nie glo dat sy so iets gedoen het nie. Sy het vir haar vriendin Gail gesê om haar dadelik by die naaste Psigiatriese hospitaal af te laai indien sy ooit weer so iets sou doen

Wanneer iemand jou nie wil hê nie, wil hy jou nie hê nie. Voel die seer, lig jou kop op en beweeg aan.

Ander eina situasies

Ouer en kind verhoudings is baie kompleks en verwerping is meer algemeen as wat ons dink. So ook verwerping tussen vriende. Mense is nie altyd lojaal nie en dit veroorsaak verwerping. Verwerping maak jou siel en lyf siek. In sommige gevalle lei dit ook na ongemak.

Daar is hoop

Niks hou vir altyd aan nie. Dit het my Ouma my jare gelede geleer. Verwerping is erg en baie seer. Die seer word met tyd en met selfsorg beter. Verwerping sit nie ‘n etiket om jou nek nie.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.