Dankbaarheid

0
(0)
dankbaarheid

Leef met dankbaarheid

Die dag toe ek begin het om te leef met dankbaarheid was die dag toe dinge vir my begin verander en verbeter het. Dit klink aanvanklik soos ‘n dom idee maar waneer jy meer begin fokus op dankbaarheid en daarmee saam die positiwiteit, begin jou gedagtes verander en die positiewe seine wat jy uitstuur word ‘n werklikheid wat ‘n tipe boomerang effek teweeg bring.

Vassit in ‘n rat

Ons almal was heel moontlik al in ‘n posisie waar ons gesukkel het om die lig te sien en perspektief oor ons omstandighede te kry. Dit is dan ons keuse of ons op een plek wil sit en onsself sit en jammer kry oor dit wat ons nie het nie. Ons kan ook kies om die pad van dankbaarheid te loop en te leef.

En daar was lig

Ek praat nie van geldelike rykdom nie maar die rykdom van hart, siel en gees. Die onvergenoegdheid en slagoffer gevoel het van my weggeval soos blare van ‘n boom. Skielik het die helder son deurgebreek en die donkerte om en binne my verlig.

Die liedjie I can see clearly now, the rain is gone het nuwe betekenis gekry en ek het met ligte voete my nuwe lewe binne gedans.

Dis ‘n besluit wat jy neem om te leef met dankbaarheid, dit gebeur nie net nie. Soms kruip die negatiwiteit weer nader en dan is dit weer hard praat met myself en myself bymekaar maak om weer die regte ritme te vind.

Waneer jy kies om te leef met dankbaarheid, beteken dit nie dat jy in ontkenning leef oor seerkry in jou lewe nie. Dit beteken net dat jy kies om dankbaar te leef vir dit wat jy het en te fokus op positiwiteit.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading