Die Naguil mini koerant uitgawe 7
Die naguil mini koerant Uitgawe 7 van 2021
Ons probeer ons bes om interessante brokkies te kry wat nie agter ‘n betaalmuur skuil en waartoe almal nie toegang het nie. Die hele idee van die Naguil is dat ons met julle dinge deel wat mens nie sommer alledaags op ‘n webblad vind nie.
Welkom aan al die ou en nuwe lesers.
Skrywer sêgoed
“Daar is geen edeler plesier as die intellektuele omgang met mense wat totaal anders dink as jy nie – wat ander dele van die eindelose rykdom van die waarheid tot hul besit gemaak het.” – NP van Wyk Louw
Oupa Leesuil gesels boeke en sy mense
- Wêreld boekedag gaan hand aan hand met biblioteke en hierdie artikel neem ons diep in die boeke wêreld in.
- The profiler diaries is ‘n nuwe boek geskryf deur die oud Polisieman en Profiel samesteller Gérard Labuschagne en neem jou saam die misdaad wêreld in. Ware Suid Afrikaanse misdaad is niks nuuts nie. Dis egter Agter die skerms wat jou boei tot die laaste hoofstuk toe.
Stories oor plekke en sy mense
- ‘n 78 jarige man vertel stories met sy verfkwas en esel en dis besonders. Hy skilder plaashuise regoor die land. ‘n Storie wat saak maak.
- Nog ‘n video (hierdie keer ‘n hond) wat oefen . Hy verkies egter ‘n stap maat.
Pittige Kommentaar
Die bogenoemde artikel wat handel oor die man wat plaashuise skilder het ook gesorg vir ons pittige kommentaar van die week. Dit het alles gegaan oor die prys van die skildery: R900 per skildery. Ene Castle light maak toe die aanmerking dat hy nie R90 vir die skildery sal betaal nie waarop ene M Basson die opmerking maak: Dis hoekom jy jouself na ‘n liggewig bier vernoem.
Het jy geweet?
Jy kan ‘n pragtige macrame handsak maak.
Kyk uit hiervoor
Vrydag se plasing heet Wanneer iemand jou nie wil hê nie. Verwerping kan jou vernietig of sterker maak. Dis ‘n onderwerp waaroor mens nie graag praat nie want dit maak te seer. Daar is egter heling daarin wanneer ons dit met ander deel.
Roep,roep my storie is uit
So kom ons dan aan die einde van hierdie week se Naguil koerant. Hoop julle het dit soveel soos ons geniet. Tot volgende keer.
Groetnis
Bertie en Amanda
xxx
P.S. Julle is welkom om julle bydraes in te stuur vir oorweging of sommer net saam te gesels.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you