Ek sal aanhou bid

Ek sal aanhou bid

Ek sal aanhou bid. Die krag van gebed moet nie onderskat word nie. Soms lyk dit of jy jou gebede mors. Hou aan bid.

Die krag van gebed

Gebed is kragtig. Dit weet ek vir ‘n feit. Ek het in my eie lewe die verskil gesien en beleef wanneer ek gebid het en ook wanneer ek nagelaat het om te bid. Gebed vrywaar ons nie van hartseer nie. Steeds sal ek aanhou bid.

Ek sal aanhou bid

1 Johannes 5:14: En dit is die vertroue wat ons in Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets volgens sy wil vra.

Gebed en geloof loop saam en ja soms is dit moeilik om te bly glo wanneer dit lyk of jy aanhou bid en niks gebeur nie. Dan is dit maklik om te sê gebed werk nie.

Kolossense 4:2: Gaan voort met gebed en waak daarmee saam met danksegging

Ons vra maklik en vergeet dikwels om dankie te sê

Jy mors jou gebede

Romeine 12:12: Verheug oor hoop; geduldig in verdrukking; voortdurend in gebed

Dit is al vir my gesê dat ek my gebede mors op hulle. Ek sal aanhou bid. Niemand is bestand teen gebed nie. Jy mag verhoed word om te sê dat jy bekommerd is oor iemand, maar niemand kan jou keer om te bid nie.

Mattheus 6:6: Maar jy, as jy bid, gaan in jou kas, en as jy jou deur toemaak, bid tot jou Vader wat in die geheim is; en jou Vader wat in die geheim sien, sal jou openlik beloon.

Ek is nie die mens wat voor in die kerk kan staan en die mooiste gebede bid nie. Hierdie vers stel dit duidelik dat God jou gebede hoor selfs in die privaatheid van jou kamer.

Hulp vir jou gebedslewe

Psalm 118: 5: Ek het die Here in benoudheid aangeroep; die Here het my geantwoord en my op ‘n groot plek neergesit.

Lank terug het ‘n vriendin my bekend gestel aan die gebede boeke van Stormie Omartion. Meeste van haar boeke is ook in Afrikaans beskikbaar.

Die boek van haar wat ek die meeste gebruik is Wanneer Ma’s vir hulle kinders bid. Die gebede spreek alle dele van ons kinders se lewens aan en nou bid ek ook van hierdie gebede vir my kleinkinders. Sy het ook ‘n gebede boek uitgebring vir Ma’s met volwasse kinders en vir egpare.

Die krag van ‘n vrou wat bid is spesiaal vir ons vrouens wat Ma’s, eggenotes en Ouma’s is.

Ek sal aanhou bid vir myself, die mense wat ek lief het, Die Regering van die dag, die afgedwaaldes en ook die wat my te na gekom het.

2 Comments

  1. Una

    7 February 2022 at 8:08 pm

    Jy skryf so waar hier, Amanda. En soos jy sal ek ook aanhou bid.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.