Suid Afrikaners oorrompel sosiale media

Suid Afrikaners oorrompel sosiale media

Suid Afrikaners oorrompel sosiale media en van hulle kan met die grootste sosiale media sterre in die wêreld meeding. Suid Afrika het ‘n hele aantal sosiale media sterre waaronder ook Afrikaners.

Sosiale media is tans die gewildste internet uitvindsel en dit is veral jonger mense wat aanklank hierby vind. Tiktok en Instagram is die gewildste by die jonges terwyl ouer mense en families weer meer hou van YouTube. Hierdie drie sosiale platforms vorm die basis van hierdie artikel.

Suid Afrikaners oorrompel sosiale media

Instagram sterre

  • Amy Keevy is ‘n kunstenaar en vertoon haar werke op Instagram
  • Ms Cosmo is ‘n 5FM aanbieder en DJ wat onder ander die Johannesburg partytjie gees aan haar aanhangers bekend stel.
  • Dr Jess Stanbridge is ‘n praktiserende Sielkundige wat sy raad vir geestes gesondheid op Instagram deel. Jy kan meer oor hierdie sterre en andere in hierdie artikel lees.

YouTube sterre

Business Insider het die moeite gedoen om Suid Afrika se YouTube sterre te gaan opsoek.

  • Caspar Lee het op 16 jaar op YouTube begin deur komedie sketse te doen en het ‘n aanhanger basis van 6.5 miljoen.
  • Peter Carvell is ‘n persoonlike afrigter wat sy meer as 1.5 miljoen aanhangers aanmoedig om fiks en gesond te leef.
  • Cobus Potgieter is ‘n gevestigde musikant wat sy talente onder andere trom speel met sy aanhangers deel.
  • Dan Mace is ‘n vervaardiger van musiek video’s. Sy musiek video met Checkers se 60/60 afleweraars het menigte hartsnare geroer.

Tiktok sterre

  • Chané Grobler is ‘n Afrikaanse meisie van Pretoria met oor die 2 miljoen volgers op Tiktok. Sy doen dit al van 2014 af en in hierdie onderhoud gesels sy oor haar reis tot nou toe en daardie Nickelodeon Kids Choice nominasie.
  • Wian van den Berg is ‘n kulkunstenaar met ‘n verstommende 15 miljoen volgelinge.
  • Tevon Musara maak video’s waar hy sy reaksie wys op alledaagse video’s. Hy het 9 miljoen volgelinge
  • Liam Stoffberg hou van uitdagings en maak dan video’s van hierdie uitdagings wat deur sy volgelinge vir hom gegee word en het 3.6 miljoen volgelinge.

Stof ter nadenke

Ek is bly vir elke persoon wat dit regkry om vir hom of haarself ‘n inkomste te genereer. Ek hoop net dat elke sosiale media ster besef dat niks vir altyd aanhou nie en dat hulle nou reeds voorsiening moet maak vir die toekoms. Die enigste ding wat seker is, is verandering.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.