Doen nuwe dinge

doen nuwe dinge

Daar is nie verniet ‘n spreekwoord wat sê ‘n verandering is so goed soos ‘n vakansie nie. Komaan, beweeg uit jou gemaksone en leer en doen nuwe dinge. Verbreed jou horisonne, brei jou kennis uit. Jy mag dink dat sulke dinge tonne geld kos , wat jy nie het nie. Ek het ook altyd so gedink totdat ek bietjie begin rondspeel het en goedkoop en selfs gratis goed gekry het.

Ek gaan julle vertel hoe ek dit gedoen het en indien julle nog idees het, gaan asseblief na my kontak bladsy en los ‘n boodskap of stuur ‘n epos.

DOEN ENIGIETS

Moenie vooraf opgestelde idees hê van wat jy wil of nie wil doen nie. Probeer als ten minste 1 keer.

BEGIN BY DIE BEGIN

  • Sluit aan by jou plaaslik gemeenskap se facebook blad.
  • Sorg dat jy jou plaaslike koerant koop of kry. Myne kom 1 keer ‘n week uit.
  • Gaan na jou plaaslike biblioteek en kyk op die kennisgewing bord vir geleenthede
  • Besoek al jou plaaslike supermarkte en bestudeer die kennisgewings.
  • Hou jou oë en ore oop vir dinge wat gebeur – daar is baie wat nie geadverteer word nie.
  • Kry ‘n dagboek of maak ‘n weeklikse of maandelikse kalendar
  • Parkrun is ‘n gratis 5km stap of hardloop elke Saterdag
  • Sluit by ‘n leeskring/boekklub aan
doen nuwe dinge

BENUT FACEBOOK SE EVENTS OPSIE

(Alhoewel ek nie tans van enige sosiale media gebruik maak vir my skryfwerk nie, is die event opsie goud werd) Dis waar ek baie geleenthede kry

Kliek op events aan die linkerkant van die facebook blad.
Kyk regs en jy sal sien Find events, kliek dan op choose date
Sleutel die tydperk in
Jy kan ook sê waar jy events soek (dis weer aan die linkerkant)
Nou gooi dit al die geleenthede in jou omgewing vir die spesifieke week uit.

DAARS MEER

  • Verfplekke bied goed aan soos chalkboard paint klasse
  • Skryfbehoefte winkels bied kuns klasse aan
  • Builders warehouse bied gratis tuin oggende aan met Tanya Visser
  • Boek bekendstellings word by koffie winkels aangebied verniet
  • Ek het al gratis fiksheids klasse in ons botaniese tuine bygewoon
  • Biblioteke bied boek voorlesings aan ook gratis

Daar is regtig baie geleenthede. Moenie bang wees nie. Klim uit jou boks, daar is ‘n wêreld daar buite met baie moontlikhede.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.