Rugby wêreld beker 2019
Ek kyk nou nie juis elke rugby wedstryd nie en ek het ook nie DSTV nie maar vandag het ook ek die eindstryd tussen Suid Afrika en Engeland gekyk.
Wêreld beker 2019
Dit het glad nie goed vir Suid Afrika begin nie met die wat ons sommer ons eerste wedstryd verloor het teen die All Blacks. Dit het gelyk of ons huis toe duik in plaas van pale toe.
Ek is
Ek is geen kenner nie en soos ek reeds gesê het kyk ek nie gereeld rugby nie maar danksy die SABC kon ek ook in die opwinding en vreugde deel. Hierdie is my weergawe van die wêreld beker.
My voorbereiding
Ek het eers gaan Parkrun soos gewoonlik op ‘n Saterdag oggend. Daarna is ek gou winkel toe om iets aan te skaf om te eet tydens die wedstryd en toe het ek vir my ‘n tussenin ontbyt/middagete gemaak. Ek het reggeskuif voor die televisie met my proviand net toe Siya Kolisi die span op die veld lei. Ek het trane in my oë gekry met die speel en sing van die volkslied en die see van groen op die paviljoene en veld.
Die spelers
Meeste van die spelers is vreemd vir my maar ek weet darem dat Siya Kolisi ons span se Kaptein is en ek het gehoor van die kort man Faf met die blonde hare en mooi glimlag en ek weet van Eben, Duane en die afrigter Rassie. Ek het gou kennis gemaak met Beast en die handige Handrè Pollard wat so sekuur geskop het behalwe vir een misskop. Die twee drie drukkers Mapimpi (wat ek verkeerdelik as Impimpi gehoor het) en Kolbe het my hart sommer warm laat klop.
Die wedstryd
Die eerste helfte van die wedstryd was spanningsvol, die verdediging van die bokke was uitstekend. Handrè se skopvoet het al die punte in die eerste helfte aangeteken. Die tweede helfte is absoluut oorheers deur die Springbokke se spel en na die eerste drie het ‘n derde wêreld beker wen heel binne ons bereik gelyk. Kort daarna is gewys hoe ons naam op die beker gegrafeer word. Afrigter Rassie het vir my heel gemaklik in sy vel gelyk terwyl Eddie Jones van Engeland diep bekommerd en platgeslaan voorgekom het.
Suid Afrika se bokke het vir my deurgaans in beheer gelyk en hulle verdegiging was soos Fort Knox – sterk en ondeurdringbaar.
Die vreugde en trots
Suid Afrika is weer ‘n trotse nasie soos in 1995 toe ons ook die beker losgespeel het. Vreugde veure brand orals en die voggies die vloei. Sondag gaan ‘n hele paar mense hoofpyn hê dis verseker.
Ek wonder
- Daai goed op Duanne se ore – waarvoor is dit? Is dit pleisters, gehoor aparate of wat?
- Hoe op aarde kry Faf dit reg om met sy blonde lokke te speel. Pla dit hom nie as hy so rondhardloop nie?
- Speel die manne die spel omdat hulle lief is vir rugby of vir die geld?
- Ek wonder hoe Doc Craven sou voel oor rugby wat nou so baie geld verdien
- Is die ou rugby spelers wat weens die destydse politieke stelsel nie internasionaal kon meeding nie, verbitterd oor verbeurde geleenthede?
- Siya se Pa was vandag daar en ek wonder sommer wat hy gedink en gevoel het
- Ek wonder of die ouens soms ‘n windjie los waneer hulle skrum
Ons onthou
Joost, James, Chester en Ruben was almal deel van die 1995 rugby wenspan en hierdie wêreld beker van 2019 het hulle nie vergeet nie. Dis ironies dat die drie dukker Mapimpi dieselfde posisie as Chester gespeel het en so ook het Kolbe dieselfde posisie as James gespeel en beide Mapimpi en Kolbe het vandag geskitter op die veld.
Dankie
- Springbokspan vir ‘n pragtige wedstryd
- Dankie Suid Afrika vir saamstaan
- President Rhamaphosa dankie vir jou ondersteuning van ons span
- Dankie Japan vir ‘n puik wêreld beker
- Millie my getroue hond vir jou saamlê op die bank
Lees meer:
‘n Lewe van dankbaarheid voeg waarde by ons dankbaarheid vir vandag se wêreld beker wen
Bronne:
Small. Chester remembered
News24 artikel
Goed, beter bokke
Maroela media artikel
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you