Dis heerlike lente, die winter is verby

Dis heerlike lente (in Suid Afrika) die winter is verby, weer nodig die velde vir jou en vir my

lente suid afrika

Heerlike Lente

Die bogenoemde liedjie is diep geworteld in my siel. 1 September het net ‘n ander klank, ‘n optimisme, ‘n verwagting en hoop. Hoop vir ‘n beter lewe, ‘n nuwe liefde, ‘n slanker lyf en vrede.

Dis dan ook die tyd waneer jy lus kry om kaste reg te pak, vensters wyd oop te maak en die son binne te nooi en dan kan die lente skoonmaak in alle erns begin.

Vir my persoonlik is dit ook tyd om weer op die skaal te klim, die kilo’s te bekyk en te herbesin of weer te begin met ‘n oefenplan, my versapper uit die kas te haal en te begin vrugte en groente drankies maak.

Die geur van sitrus

Ek het hoeka lus vir ‘n lekker sitrus koek met room versiersel. Die ligte lemoen en suurlemoen reuk wat die kombuis vul en verfris laat mens sommer lus kry vir al die verskillende vrugte en vir ‘n nuwe oorbegin.

Die winter is verby

Ek is soos ‘n beer in die winter. Ek is dan ‘n regte grot bewoner wat net binneshuis wil bly en hiberneer en dan sit ek met ‘n warmwater sak snoesig onder die komberse in die bed met ‘n warm sjokolade drankie in een hand en ‘n boek in die ander en my hond Millie en Strawberry die kat kom kruip weerskante styf teen my in

Die Jaar 2019 se lentedag is ekstra spesiaal vir my want dit is ook die dag wat my webblad uiteindellik die lig sien na maande se harde werk.

Ek het vandag ‘n huppel in my stap, ‘n blom in my hare, ‘n mengel drankie in my hand en ‘n gelukkige tevrede gemoed en ‘n hart vol dankbaarheid.

Gelukkige en vredevolle lentedag vir al my lesers. Kyk op, kyk vorentoe, lig jou voete en dans die lente binne. Geniet die dag, die lente maande en die somertyd.

DAAR IS MEER

Lees sommer ook hoe om ‘n Lewe van dankbaarheid te leef en lees ‘n Ena Murray boek. Moet ook nie daar stop nie lees ook hoe om jou eie verfrissende somer drankies te maak en te geniet.
My Engelse webblad nl. Let’s make tea bied die leser nog leesstof.

Die lewe is ‘n lied, laat ons sing en vrolik wees.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.