Die genade van skryf

0
(0)

Ek dink ek is met ‘n pen in een hand en ‘n papier in die ander hand gebore. Ek was nog klein en in die laer skool toe ek ywerig begin skryf het. Op skool het ek treffer opstelle geskryf alhoewel my handskrif veel te wense nalaat. Ek sukkel maar om al die letters gelyk en regop te hou. Ek het beslis nooit vir my skrif pryse gewen nie. Dis die genade van skryf.

die genade van skryf

Lees teenoor skryf

Dis soos om te kies tussen jou kinders. Lees en skryf gaan vir my hand aan hand. Ek kan nie die een doen sonder die ander nie. Lees verbreed my horisonne en kennis terwyl skryf my ‘n stem gee om my uit te spreek oor dinge wat saak maak en stories om te vertel. Ek kan werklik nie kies tussen die twee nie en daarom sien ek hulle as ‘n tweeling en is lief vir albei.

Rekenaar skryf

Ek moet bieg dat ek al my artikels op my skoot rekenaar of tafel rekenaar tik. Ek vind dit makliker en redelik moeite vry aangesien ek dinge elektronies kan verander en verbeter. Die ou manier van mieliepit tikmasjiene is gelukkig verby alhoewel ek altyd skrywers sal bewonder wat nog op daardie manier treffer boeke die lig laat sien het.

Skryf met die hand

Ek is nie bekend vir my handskrif nie maar ek hou daarvan om fisies met ‘n pen en papier besig te raak. Ek hou daarvan om dinge fisies neer te skryf. Ek skryf elke aand in my papier joernaal oor my dag, my vreugdes en my hartseer.

Gunsteling skrywer en die biblioteek

Ena Murray was en is steeds my gunsteling roman skrywer en as tiener het ek haar boeke verslind en haar nuwe boeke by die plaaslike Biblioteek gereserveer. Praat van biblioteke: Het jy geweet dat jy aanlyn kan kyk of boeke by jou plaaslike biblioteek beskikbaar is al dan nie? Besoek die weskaap biblioteke en kry die skakels vir jou streek.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading