Taboe onderwerpe
Daar is 2 dinge waaroor mens nie sommer in geselskap behoort te praat nie: Politiek en Godsdiens. Dis taboe onderwerpe.
Godsdiens
Elke mens het die reg om te aanbid wie hy of sy wil. Daar is geen wet wat sê dat bv. Die NG Kerk die uitverkore volk is of nie. Daar is ongelukkig mense wat hulle geloof op ander wil afdwing. Te dikwels lees mens van iemand wat skryf of sê dat die enigste ware geloof is die of daardie. Punt. Dit is egter nie so eenvoudig nie. Daar is baie verskillende gelowe en ekstremiste is oral soos ons gesien het met die sogenaamde Christelike aanhangers van die gewese US President wat die staatsgebou bestorm en beset het.
Politiek
Waar begin en eindig mens met hierdie ene? Daar is net soveel politieke partye as wat daar menings is. Sommige mense kies ‘n party en bly daarby deur dik en dun terwyl ander van party wissel met elke verkiesing. Dan is daar ook diesulkes wat stem vir die man of vrou waarvan hulle die meeste hou. Politiek is ‘n persoonlike keuse en terwyl daar verregse en verlingse aktiviste is, is daar ook die wat gematig is en objektief na dinge kan kyk.
Ander sensitiewe onderwerpe
- Gay, Lesbian en Trans mense
- Kinderlose egpare
- Moeilike kinders
Uitsonderings
Alhoewel bogenoemde nie onderwerpe is waaroor almal oor ‘n koppie tee kan gesels nie. Nie almal het die vermoë om objektief na dinge te kyk nie. Min mense kan ordentlik debatteer sonder om persoonlike aanvalle te loods. Daar is wel die een mens met wie mens openlik oor dinge kan gesels. Dit bly egter steeds ‘n risiko vir konflik.
My webblad
Julle sal sien dat ek my weerhou van Politieke gesprekke op die webblad. Ek het my menings en sienings oor Politiek en Godsdiens. Ek wil egter hê almal moet welkom voel en daarom het ek ‘n doelbewuste besluit geneem om my plasings neutraal te hou sodat almal dit kan geniet.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you